Modjadji Hoofkraal is 'n nedersetting 20km oosnoordoos van die dorp Modjadjiskloof (tot 2004 bekend as Duiwelskloof), in die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Dit val onder die beheer van die Groter Letaba Plaaslike Munisipaliteit wat onder die Mopani-distriksmunisipaliteit ressorteer.
Op die berghange bokant die Hoofkraal kom die beskermde Modjadjibroodboom (Encephalartos transvenosus) in groot getalle voor.
Galery
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Limpopo Kategorie:Bewaringsgebiede in Suid-Afrika