Die Koraalsee-eilande-gebied (Engels: Coral Sea Islands Territory) is 'n meestal onbewoonde eksterne gebied van Australië, wat uit die Koraalsee-eilande bestaan. Hulle is in die Koraalsee net noordoos van die Australiese deelstaat Queensland en die Groot Koraalrif geleë.

Die gebied het 'n totale oppervlakte van 780 000 km² en is in 1969 gestig. Voor dit is die eilande as deel van die deelstaat Queensland beskou. In 1997 is die Koraalsee-eilande-gebied uitgebrei.

Eilande en kaaie Kompleks Tipe Eilandjies/kaaie</tr> West Holmes-rif atol 2</tr> Diane Bank atol (meestal gesink) Diane Bank kaai</tr> Willis-groep atol (gedeeltelik gesink) South Islet (Willis-eiland), Mid Islet, North kaai</tr> Magdelaine kaaie en Coringa Eilandjies atol (gedeeltelik gesink) Northwest Islet, Southeast kaai, Southwest, Chilcott Islets</tr> Herald kaaie (Noord) rif Northwest kaai</tr> Herald kaaie (Suid) rif Southeast kaai</tr> Lihou rif en kaaie atol 18</tr> Diamond-eilande en Tregosse-rif atol (gedeeltelik gesink) 4</tr> Flinders-riwwe (North) atol Flinders, Main, Victoria kaaie</tr> Marion-rif atol Paget, Carola, Brodie kaaie</tr> Mellish-rif atol Heralds-Beacon Islet</tr> Frederick-riwwe atol Observatory kaai</tr> Kenn-rif atol Observatory kaai</tr> Saumarez-rif atol Northeast, Southwest kaaie</tr> Wreck-rif atol Bird, West Islets, Porpoise kaai</tr> Cato-rif atol Cato-eilande</tr> Middleton-rif atol 1</tr> Elizabeth-rif atol 1</tr> Totale aantal eilande/kaaie 51</tr>

Verwysings

Eksterne skakels

Koraalsee-eilande by die Central Intelligence Agency se The World Factbook

Kategorie:Afhanklike gebiede van Australië Kategorie:Eilande in Stille Oseaan Kategorie:Eilande van Australië Kategorie:Onbewoonde eilande Kategorie:Atolle