Die Nuwe Kadampa-tradisie is ’n tak van Boeddhisme wat in 1991 in Engeland gestig is. In 2003 is die woorde "Internasionale Kadampa-Boeddhiste-unie" (IKBU) agteraan die oorspronklike naam gevoeg. Dit is ’n wêreldwye organisasie wat in Engeland geregistreer is as ’n welsynorganisasie sonder winsbejag.Cozort, Daniel (2003). The Making of the Western Lama. Aangehaal in Heine, S., & Prebish, C. S. (2003). Buddhism in the modern world: Adaptations of an ancient tradition. New York: Oxford University Press. p. 230.NKT-IKBU Oorsig, URL besoek op 2009-12-24.
Die stigter van dié tradisie is Geshe Kelsang Gyatso, ’n monnik, onderwyser en skrywer.Smith, Jean (1999). Radiant Mind: Essential Buddhist Teachings and Texts. New York: Riverhead Books. p. 324. Die organisasie lys meer as 200 sentrums en sowat 900 klasse/studiegroepe in 40 lande.
In Suid-Afrika is ook ’n sentrum: die Tushita Kadampa-Boeddhistesentrum is in Rondebosch, Kaapstad.
Verwysings
Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Eksterne skakels Tushita Kadampa-Boeddhistesentrum, Rondebosch
Kategorie:Engeland Kategorie:Religie in die Verenigde Koninkryk Kategorie:Boeddhistiese strominge