Soka Gakkai Internasionaal Suid-Afrika (SGI Suid-Afrika) is die plaaslike tak van ’n Nichiren-Boeddhistiese leke-organisasie wat in 1975 deur Daisaku Ikeda, die Japannese beweging Soka Gakkai se derde president, in Guam gestig is.
Die SGI is die oorkoepelende organisasie vir Soka Gakkai wêreldwyd. Volgens hul webtuiste het hulle volgelinge in 192 lande en gebiede. Hulle beskou hulself as ’n steunnetwerk vir die beoefenaars van Nichiren-Boeddhisme en ’n wêreldwye Boeddhistebeweging vir "vrede, opvoeding en kulture uitruiling". Dit is ’n nieregeringsorganisasie met amptelike bande met die Verenigde Nasies.
SGI Suid-Afrika is van die vroeë 1980's af in Suid-Afrika bedrywig en het tans 400 lede, veral in Johannesburg, maar ook Kaapstad, Durban en elders in die land. Hul hoofkwartier is in Parkwoord, Johannesburg.SGI Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels Webtuiste van Soka Gakkai Internasionaal Suid-Afrika 15px Van die inligting kom uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Boeddhisme in Suid-Afrika