Die Pal Tubten Shedrup Ling-sentrum is ’n Suid-Afrikaanse sentrum in die Nyingma-tradisie van Tibettaanse Boeddhisme in Pretoria. Volgens hul webtuiste is die sentrum gestig op versoek van Dzogchen Lingla Rinpoche en die lama Orgyen Chokyi Dorje.http://paltubtenshedrupling.yolasite.com/the-center.php
Dit is ’n organisasie sonder winsbejag wat onder meer seminare en konferensies reël en die Tibettaanse Boeddhistiese filosofie leer en beoefen. Hulle bevorder ook kulturele uitruiling tussen Suid-Afrika en Tibet.
Verwysings
Eksterne skakels Webtuiste van die Pal Tubten Shedrup Ling-sentrum
Kategorie:Boeddhisme in Suid-Afrika