Die kliplikkewaan (Varanus albiguralis) is 'n likkewaan wat voorkom oor feitlik die hele Suid-Afrika met die uitsondering van die westelike gedeeltes. Die reptiel leef in ruigtes, boomveld en koppies.

Voorkoms duimnael|links|'n Kliplikkewaan naby die Letaba-kamp in die Krugerwildtuin duimnael|links|Kliplikkewaan naby Pafuri in die Krugerwildtuin

Die likkewaan word 100 – 150 cm lank en weeg 12 – 15 kg; dit is 'n massiewe droëgrondakkedis met 'n geronde snoet. Die volwasse likkewaan se rugkant is grysbruin, die pens bleekgeel met donker kolle en dwarsstrepe. Die onvolwasse likkewaan is helderder van kleur.

Een van sy natuurlike vyande is die breëkoparend.

Bron Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Akkedisse