Ogyen Trinley Dorje (Tibettaans: ཨོ་རྒྱན་འཕྲིན་ལས་རྡོ་རྗེ; geb. 26 Junie 1985), ook gespel Urgyen Trinley Dorje, is ’n aanspraakmaker op die titel 17de Karmapa. Die Karmapa is hoof van die Karma Kagyu-skool, een van die vier hoofskole van Tibettaanse Boeddhisme. Die ander aanspraakmaker op die titel is Trinley Thaye Dorje.
Biografie duimnael|200px|links|Ogyen Trinley Dorje op 14 jaar. Ogyen Trinley Dorje is in Lhatok, Tibet, gebore en is die seun van nomadiese ouers. Hy het hom glo vroeg in sy kinderdae as die Karmapa aan sy familie onthul. (Die identiteit van die Karmapa word egter betwis; sien die Karmapa-omstredenheid.)
Hy was bekend as Apo Gaga en was sewe jaar oud toe ’n soekgeselskap onder Tai Situpa, met instruksies wat hy beweer het deur die vorige Karmapa gelaat is, hom as die nuwe Karmapa geëien het. Hy is by die Tsurphu-klooster, die tradisionele setel van die Karmapa in Tibet, as sulks erken deur beide die 14de Dalai Lama en die Staatsraad van die Volksrepubliek van China, wat verklaar het hy is ’n "lewende Boeddha" – dit was die eerste keer dat China se kommunistiese regering ’n lama erken het.
Op 14 jaar het hy deur Nepal na Indië ontsnap, en op 5 Januarie 2000 daar aangekom. Hy het gevoel hy sou nie in China die gespesialiseerde opvoeding kon kry wat hy nodig gehad het nie.
Van 15 Mei tot 2 Junie 2008 het hy sy eerste Westerse reis onderneem en verskeie stede in Amerika besoek. Hy is amptelik in die Noord-Amerikaanse setel van die Karmapa in Woodstock, New York, gekroon.YouTube video
Sien ook Karmapa Karmapa-omstredenheid
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste The Dance of 17 Lives : The Incredible True Story of Tibet's 17th Karmapa, by Mick Brown. New York, NY: Bloomsbury USA, 2005. Music in the Sky: The Life, Art & Teachings of the 17th Karmapa Ogyen Trinley Dorje, by Michele Martin. Ithaca, New York: Snow Lion Press, 2003. . Karmapa of Tibet: The Politics of Reincarnation, by Lea Terhune. Somerville, MA: Wisdom Publications, 2004.
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Leiers van die Tibettaanse Boeddhisme Kategorie:Lewende mense