Lydia van Niekerk (7 September 1884 – 2 November 1929) was 'n Suid-Afrikaanse akademikus. Sy was die eerste vrou wat as professor by die Universiteit van Stellenbosch aangestel is. Sy was 'n professor in Nederlandse Literatuur en is gebore op die plaas Diepkloof naby Uitenhage. Sy studeer aan die universiteite van Leiden en Amsterdam in Nederland. Terug in Suid-Afrika verwerf sy 'n D.Litt et Phil graad waarna sy 'n lektor word by die Huguenot University College in Wellington. In 1920 aanvaar sy 'n professorskap by die Universiteit van Stellenbosch.
Bronne Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau Potgieter, D.J. et al. (eds)(1970). Standard Encyclopaedia of Southern Africa, Cape Town: NASOU, v. 11. http://www0.sun.ac.za/lydia/
Kategorie:Suid-Afrikaanse akademici Kategorie:Geboortes in 1884 Kategorie:Sterftes in 1929 Kategorie:Afrikaners