Die Toyota Avensis is 'n groot gesinsmotor wat sedert 1997-2018 deur die Japannese motorvervaardiger Toyota in hul fabriek in Derbyshire, Verenigde Koninkryk gebou word. Dit is die direkte opvolger van die Europese Carina E en is beskikbaar as 'n vierdeur sedan, vyfdeur luikrug en stasiewa. In Japan word die Avensis eksklusief bemark deur Toyota Netz handelaars, en is die grootste sedan wat aangebied word. Die tweede generasie Avensis is in Suid-Afrika in 2006 bekendgestel as opvolger van die Camry wat laas van Australië na Suid-Afrika ingevoer is.
'n Groot VDV, genaamd die Toyota Avensis Verso (Toyota Ipsum in Japan en voorheen die Toyota Picnic in ander markte), word in Japan op 'n aparte platform gebou. Die Avensis word nie in Noord-Amerika verkoop nie, maar is verwant aan die plaaslike Scion TC koepee. Dit deel ook die Toyota "T" platform met die Toyota Premio en die Toyota Allion.
Verwysings
Avensis