duimnael|links|upright|Zerilda Steyn, die groot dryfkrag agter die vestiging van modeldorpies soos Eppingtuin, na wie die NG mnoedergemeente hier se kerksaal genoem is.
Ruyterwacht is 'n noordelike voorstad van Kaapstad wat grens aan die nywerheidsgebied Epping en die voormalige bruin woonbuurt Elsiesrivier asook aan die Grand West Casino.
Eppingtuin het begin as 'n subekonomiese behuisingskema vir minderbevoorregte wit mense. Vroeër jare is dat as 'n afsonderlike dorpie deur die Stedelike Behuisingsburo geadministreer en het dit geval onder die Kaapse Afdelingsraad. Ons gemeentelike feesalbum (1951) berig in sy artikel oor die destydse gemeente Eppingtuin (wat later Ruyterwacht herdoop is), as volg oor die stigting van dié modeldorpie: "In die jaar 1938, Eeufeesjaar, 7 September, het hier in Eppingtuin, waar dennebome welig getier het en kruipende ongediertes taamlik volop was, sewentig gesinne soos ware Voortrekkers hul intrek geneem. Die getal, meestal die nasate van stoere Afrikaanse voorouers, het stadig maar seker aangegroei, totdat dit na 'n paar maande etlike honderde beloop het."
Die moedergemeente in Ruyterwacht se kerksaal is genoem na Zerilda Steyn, van 1945 tot haar dood in 1963 voorsitter van die Stedelike Behuisingsbond, wat deels deer haar toedoen tot stand gebring is.
In 1960 het die buurt 8 551 wit en 54 bruin inwoners gehad. In 2011 se sensus was die samestelling 4 505 bruin, 2 950 wit en 1 107 swart. Adrian Firth se samevatting van die 2011-sensussyfers. URL besoek op 8 September 2015.
Bronne Olivier, ds. P.L. (samesteller). 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952. Potgieter, D.J. (ed.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Kaapstad