Die Wahlbergse fluweelgeitjie (Homopholis wahlbergii) is 'n reptiel wat voorkom in noord Noordwes, Limpopo, die Laeveld, Eswatini en die noorde van KwaZulu-Natal. Dit leef onder dakoorhange, teen huismure, onder bas en op klipbanke. Hulle word tot 20 cm lank. Hulle is streng naglewend en vang motte en ander insekte om ligte. Hulle natuurlike vyande is uile en slange.
Bron Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Akkedisse