Nichiren (日蓮; 6 April 1222 – 21 November 1282) was ’n Boeddhistemonnik wat tydens die Kamakura-tydperk (1185–1333) in Japan gelewe het. Hy het toewyding gepredik aan die Lotus-soetra, wat na bewering Gautama Boeddha se leringe aan die einde van sy lewe bevat, as die enigste manier om verligting te behaal.Christopher S. Queen,Sallie B. King, Engaged Buddhism: Buddhist Liberation Movements in Asia,State University of New York Press , Selecting the right time, A tract by Nichiren the Budda's disciple, Kyotsu Hori (vert.); Sakashita, Jay (red.): Writings of Nichiren Shonin, Doktrine 1, bl. 188, University of Hawai'i Press, 2003,
Nichiren het geglo dié soetra bevat die kern van alle leringe van Gautama Boeddha wat met die wette van oorsaaklikheid (karma) verband hou en lei alle mense sonder onderskeid na verligting.Sainan Kōki Yurai, Kyotsu Hori (vert.); Sakashita, Jay (red.): Writings of Nichiren Shonin, Doktrine 1, University of Hawai'i Press, 2003, Richard Causton, The Buddha In Daily Life: An Introduction to the Buddhism of Nichiren Daishonin, p. 190, Rider , Jacqueline Stone, "The Final Word: An Interview with Jacqueline Stone", Tricycle, Spring 2006Stone, Jaqueline (2003). Nichiren, in: Buswell, Robert E. (red.), Encyclopedia of Buddhism vol. II, New York: Macmillan Reference Lib. , bl. 594 Dié toewyding aan die soetra behels die dreunsing van Namu Myōhō Renge Kyō ("eerbetoon aan die Lotus-soetra"), ’n frase waarna as die daimoku verwys word, as die essensiële beoefening van die leringe.
Nichiren-Boeddhisme Nichiren-Boeddhisme sluit verskillende skole in, soos Honmon Butsuryū Shū, Nichiren Shōshū, Nichiren Shū, asook lekebewegings soos Risshō Kōsei Kai en Soka Gakkai. Elk van hulle beweer hulle is die enigste ware volgelinge van hul stigter en het hul eie vertolkings van Nichiren se leringe. Ten spyte van die verskille, deel al die Nichiren-sektes die dreunsing van die daimoku as ’n kernpraktyk.
Hoewel alle Nichiren-skole hom beskou as die reïnkarnasie van die Lotus-soetra se Visistacaritra of Jōgyō Bosatsu, beskou sommige hom as die eintlike Boeddha van sy tyd of selfs tot in ewigheid."Superior Practices", The Soka Gakkai Dictionary of Buddhism, 2002."A response to questions from Soka Gakkai practitioners regarding the similarities and differences among Nichiren Shu, Nichiren Shoshu and the Soka Gakkai" http://nichiren-shu.org/NONA/comparison.pdf
Verwysings
Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Eksterne skakels
An Illustrated Life Story of Nichiren Daishonin ’n Engelse biografie van Nichiren Amptelike webtuiste van Soka Gakkai Internasionaal (SGI)
Kategorie:Japannese Kategorie:Boeddhas Kategorie:Religie in Japan Kategorie:Geboortes in 1222 Kategorie:Sterftes in 1282