Die reusepantserakkedis (Matobosaurus validus) is 'n akkedis wat voorkom in Limpopo, Mpumalanga en Kwazulu-Natal. Die reptiel is 50 tot 60 cm lank en leef in skeure in klipbanke.

Voorkoms duimnael|links|'n Reusepantserakkedis by die Mopani-kamp, Krugerwildtuin duimnael|links|'n Reusepantserakkedis naby Olifantskamp, Krugerwildtuin

Die reptiel het 'n plat lyf en die bene is kort, die stert lank en die kop is betreklik klein. Die skubbe is plaatagtig met sentrale kolletjies, wat 'n dwarsbandpatroon skep. Die jonger reptiele het duidelike swart en pienkgeel patrone.

Hulle leef van insekte, koggelmanders, geitjies, vye en bessies.

Troeteldier Hulle is gewild as troeteldiere in terrariums. Dit is uitstekende vertoondiere, aangesien hulle redelik mak kan word en pragtig lyk met hul goue ruglyne – 'n skoonheid wat hulle graag in gevangenskap ten toon stel. Boonop maak hul sosiale aard hulle geskik om in groepe aangehou te word. Jong diere loop nie gevaar om deur die volwassenes gevreet te word nie, en danksy hul veelsydigheid is voeding nooit 'n probleem nie.Reptile-care; 2016

Bronne Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012

Eksterne skakels

Kategorie:Akkedisse