’n Dharma-sentrum is ’n sentrum sonder ’n klooster in Boeddhisme. Volgens die Stigting vir die Bewaring van die Mahayana-tradisie is die doel van dié sentrums om die leringe van Boeddhisme te bewaar en te versprei. Baie van die groter sentrums het inwonende volgelinge. Volgens die Nuwe Kadampa-tradisie verskaf dié sentrums die fokus van ’n plaaslike Boeddhistegemeenskap, asook geriewe om te leer, oefen en volgens die leringe te lewe.

In Suid-Afrika is twee Dharma-sentrums, in Robertson en Rondebosch, Kaapstad.

Verwysings

Eksterne skakels Die Robertson Dharma-sentrum, Suid-Afrika 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Boeddhistegeboue Kategorie:Boeddhisme