Vir die opvolger van hierdie span sedert 2021, sien Alpine F1-span duimnael|Renault F1 RS01 van René Arnoux. duimnael|Jarno Trulli in die Renault F1 R203
Renault se verwantskap in Formule Een motorsport is beide as vervaardiger en enjinverskaffer vir verskeie tydperke sedert 1977. In 1977 het die maatskappy by Formule Een aangesluit as 'n vervaardiger, met sy bekendstelling van 'n turbo-enjin in sy eerste motor, die Renault RS01. In 1983 het Renault ook begin om enjins aan ander spanne te verskaf.
Hoewel die Renault-span heelwat renne gewen het en sterk meegeding het om die wêreldtitel, het hulle aan die einde van 1985 onttrek nadat die span se Formule Een-skandaal aan die lig gekom het. Renault het egter voortgegaan om enjins aan ander spanne te verskaf tot 1986, en weer van 1989 tot 1997.
Hertoetrede Renault het teruggekeer tot Formule Een in 2000 toe dit die Enstone-gebaseerde Benetton Formula-span (voorheen Toleman Motorsport) verkry het, 'n span wat die bestuurderskampioenskap in 1994 gewen het en beide die bestuurders- en vervaardigerskampioenskappe in 1995. Vir die eerste twee seisoene onder Renault is die span steeds Benetton Formula genoem en "Benetton" gebruik as hul vervaardigersnaam. In 2002 het Renault die span na die Renault F1 Team herdoop en "Renault" begin gebruik as sy vervaardigersnaam. Hul het daarna beide die bestuurders- en vervaardigerskampioenskappe gewen, twee jaar na mekaar in 2005 en 2006.
Opsetlike botsingskandaal By die 2008 Singapoerse Grand Prix (die eerste Grand Prix ooit wat in die nag gehou is) het Nelson Piquet jnr beheer oor sy motor verloor aan die buitekant van draai 17, oor die pad gegly en teen 'n muur gebots. Baie rommel is hierdeur oor die pad gestrooi, wat beteken dat die veiligheidsmotor uitgeroep moes word om die motors stadig deur die baan te lei om die werkers wat die pad skoonmaak, te beskerm. Dit het die gaping tussen die motors toegemaak, wat beteken het dat hulle nou baie naby aan mekaar gejaag het. Dit het Fernando Alonso, wat in die 15de plek was, toegelaat om die stadiger minder ervare jaers verby te steek. Alonso het voortgegaan om wedren te wen. Nadat Renault Piquet jnr in 2009 afgedank het vir sy swak bestuurswerk, het hy aan die FIA vertel dat Flavio Briatore, die baas van die Renault F1-span (wat al 20 jaar die spanhoof was, en al voorheen bedrieglik opgetree het), hom oor die radio aangesê om doelbewus met sy motor te bots, om die veiligheidsmotor uit te bring en Alonso 'n beter wenkans te gee. Alonso was toe nie, of selfs voor die ongeluk, daarvan bewus nie.
Naamsverandering Die Renault F1-span is in 2012 hernoem na die Lotus F1-span en het in 2015 Mercedes-Benz enjins in hul renmotors gebruik, nie meer dié van Renault nie.
Tweede hertoetrede Renault het op 3 Desember 2015 aangekondig dat hulle vanaf die 2016-seisoen weer die span by Lotus oorgeneem het en dat hulle met 'n fabriekspan na Formule 1 terugkeer. Hiermee het Renault vir die eerste keer sedert 2011 'n fabriekspan in Grands Prix bestuur. Kevin Magnussen en Jolyon Palmer vorm die span se jaers. Die span het eintlik 'n onderstel gebruik wat grootliks onder die naam van Lotus gebou is, en daar was min geleentheid om die motor te ontwikkel weens 'n gebrek aan geld. As gevolg hiervan was die seisoen 'n teleurstelling: in net drie Grands Prix is punte aangeteken en die span eindig negende in die vervaardigerskampioenskap.
Uitslae van 2002 tot 2020
Jaar Onderstelen enjin Bande Renjaers 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 Punte Plek 2002 R202RS22 3.0 V10 AUS MAL BRA SMR SPA OOS MON KAN EUR GBR FRA DUI HON BEL ITA VSA JPN 23 4e Jarno Trulli DNF DNF DNF 9 10 DNF 4 6 8 DNF DNF DNF 8 DNF 4 5 DNF Jenson Button DNF 4 4 5 12 7 DNF 15 5 12 6 DNF DNF DNF 5 8 6 2003 R23RS23 3.0 V10 AUS MAL BRA SMR SPA OOS MON KAN EUR FRA GBR DUI HON ITA VSA JPN 88 4e Jarno Trulli 5 5 8 13 DNF 8 6 DNF DNF DNF 6 3 7 DNF 4 5 Fernando Alonso 7 3 3 6 2 DNF 5 4 4 DNF DNF 4 1 8 DNF DNF 2004 R24RS24 3.0 V10 AUS MAL BRA BHR SMR SPA MON EUR KAN VSA FRA GBR DUI HON ITA CHN JPN BRA 105 Jarno Trulli 7 5 4 5 3 1 4 DNF 4 4 DNF 11 DNF 9 10 Jacques Villeneuve 11 10 10 Fernando Alonso 3 7 6 4 4 DNF 5 DNF DNF 2 10 3 3 DNF DNF 4 5 4 2005 R25RS25 3.0 V10 AUS MAL BHR SMR SPA MON EUR KAN VSA FRA GBR DUI HON TUR ITA BEL BRA JPN CHN 191 Fernando Alonso 3 1 1 1 2 4 1 DNF DNS 1 2 1 11 2 2 2 3 3 1 Giancarlo Fisichella 1 DNF DNF DNF 5 12 6 DNF DNS 6 4 4 9 4 3 DNF 5 2 4 2006 R26RS26 2.4 V8 BHR MAL AUS SMR EUR SPA MON GBR KAN VSA FRA DUI HON TUR ITA CHN JPN BRA 206 Fernando Alonso 1 2 1 2 2 1 1 1 1 5 2 5 DNF 2 DNF 2 1 2 Giancarlo Fisichella DNF 1 5 8 6 3 6 4 4 3 6 6 DNF 6 4 3 3 6 2007 Renault R27RS27 2.4 V8 AUS MAL BHR SPA MON KAN VSA FRA GBR EUR HON TUR ITA BEL JPN CHN BRA51 Giancarlo Fisichella 5 6 8 9 4 DSQ 9 6 8 10 12 9 12 DNF 5 11 DNF Heikki Kovalainen 10 8 9 7 13 4 5 15 7 8 8 6 7 8 2 9 2008 Renault R28RS27 2.4 V8 AUS MAL BHR SPA TUR MON KAN FRA GBR DUI HON EUR BEL ITA SIN JPN CHN BRA 80 4de Fernando Alonso 4 8 10 DNF 6 10 DNF 8 6 11 4 DNF 4 4 1 1 4 2 Nelson Piquet jr. DNF 11 DNF DNF 15 DNF DNF 7 DNF 2 6 11 DNF 10 DNF 4 8 DNF 2009 Renault R29RS27 2.4 V8 AUS MAL CHN BHR SPA MON TUR GBR DUI HON EUR BEL ITA SIN JPN BRA ABU 26 8ste Fernando Alonso 5 11 9 8 5 7 10 14 7 DNF 6 DNF 5 3 10 DNF 14 Nelson Piquet jr. DNF 13 16 10 12 DNF 16 12 13 12 Romain Grosjean 15 DNF 15 DNF 16 13 18 2010 Renault R30RS27-2010 2.4 V8 BHR AUS MAL CHN SPA MON TUR KAN EUR GBR DUI HON BEL ITA SIN JPN KOR BRA ABU 163 5de Robert Kubica 11 2 4 5 8 3 6 7 5 DNF 7 DNF 3 8 7 DNF 5 9 5 Vitaly Petrov DNF DNF DNF 7 11 13† 15 17 14 13 10 5 9 13 11 DNF DNF 16 6 2011 Renault R31RS27-2011 2.4 V8 AUS MAL CHN TUR SPA MON KAN EUR GBR DUI HON BEL ITA SIN JPN KOR IND ABU BRA 73 5de Nick Heidfeld 12 3 12 7 8 8 DNF 10 8 DNF DNF Bruno Senna 13 9 15 16 13 12 16 17 Vitaly Petrov 3 17† 9 8 11 DNF 5 15 12 10 12 9 DNF 17 9 DNF 11 13 10 Tussen 2012 en 2015 het Renault nie as 'n vervaardiger aan die kampioenskap deelgeneem nie. 2016 Renault RS16RE16 1.6 V6-turbo AUS BHR CHN RUS SPA MON KAN EUR OOS GBR HON DUI BEL ITA SIN MAL JPN VSA MEX BRA ABU 6 9de Kevin Magnussen 12 11 17 7 15 DNF 16 14 14 17 15 16 DNF 17 10 DNF 14 12 17 14 DNF Jolyon Palmer 11 DNS 22 13 13 DNF DNF 15 12 DNF 12 19 15 DNF 15 10 12 13 14 DNF 17 2017 Renault RS17RE17 1.6 V6-turbo AUS CHN BHR RUS SPA MON KAN AZE OOS GBR HON BEL ITA SIN MAL JPN VSA MEX BRA ABU 576de Nico Hülkenberg 11 12 9 8 6 DNF 8 DNF 13 6 17 6 13 DNF 16 DNF DNF DNF 10 6 Jolyon Palmer DNF 13 13 DNF 15 11 11 DNF 11 DNS 12 13 DNF 6 15 12 Carlos Sainz jr. 7 DNF 11 DNF 2018 Renault R.E.181.6 V6 turbo AUS BHR CHN AZE SPA MON KAN FRA OOS GBR DUI HON BEL ITA SIN RUS JPN VSA MEX BRA ABU 122 4de Nico Hülkenberg 7 6 6 DNF DNF 8 7 9 DNF 6 5 12 DNF 13 10 12 DNF 6 6 DNF DNF Carlos Sainz jr. 10 11 9 5 7 10 8 8 12 DNF 12 9 11 8 8 17 10 7 DNF 12 6 2019 Renault R.E.191.6 V6 turbo AUS BHR CHN AZE SPA MON KAN FRA OOS GBR DUI HON BEL ITA SIN RUS JPN MEX VSA BRA ABU 91 5de Daniel Ricciardo DNF 18 7 DNF 12 9 6 11 12 7 DNF 14 14 4 14 DNF DSQ 8 6 6 11 Nico Hülkenberg 7 17 DNF 14 13 13 7 8 13 10 DNF 12 8 5 9 10 DSQ 10 9 15 12 2020 Renault R.S.20Renault E-Tech 20 OOS STI20px HON GBR 70J28px SPA BEL ITA TOS20px RUS EIF POR EMI TUR BHR SAK ABU 180 5de Esteban Ocon 8 DNF 14 6 8 13 5 8 DNF 7 DNF 8 DNF 11 7 2 9 Daniel Ricciardo DNF 8 8 4 14 11 4 6 4 5 3 9 3 10 9 5 7 Jaar Onderstelen enjin Bande Bestuurders 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 Punte Plek
Kategorie:Formule Een Wêreldvervaardigerskampioene Kategorie:Formule Een-vervaardigers