Konagamana (Pali) of Kanakamuni (Sanskrit) is een van die antieke Boeddhas wie se biografie aangeteken is in die Boeddhavamsa, een van die boeke van die Pali-kanon.
Volgens die Theravada-Boeddhistiese tradisie is hy die 26ste van die 29 Boeddhas wie se naam bekend is, die 5de van die Sewe Boeddhas van die Antieke Tyd, en die 2de van die vyf Boeddhas van die huidige kalpa.
Die huidige kalpa word die bhadrakalpa ("Gunstige Eon") genoem. Die vyf Boeddhas van dié eon is: Kakusandha Konagamana Kassapa Gautama (die huidige Boeddha) Maitreya (die toekomstige Boeddha)
Konagamana is op ’n Woensdag gebore in Subhagavatipark in Sobhavati (nou in Nepal).
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Boeddhas