Kakusandha (Pali) of Krakucchanda (Sanskrit) was een van die antieke Boeddhas wie se biografie aangeteken is in die Boeddhavamsa, een van die boeke van die Pali-kanon.

Volgens die Theravada-Boeddhistiese tradisie is hy die 25ste van die 29 Boeddhas wie se naam bekend is, die 4de van die Sewe Boeddhas van die Antieke Tyd, en die 1ste van die vyf Boeddhas van die huidige kalpa.

Die huidige kalpa word die bhadrakalpa ("Gunstige Eon") genoem. Die vyf Boeddhas van dié eon is: Kakusandha Konagamana Kassapa Gautama (die huidige Boeddha) Maitreya (die toekomstige Boeddha)

Lewe Kakusandha Boeddha is gebore in Khemavatipark in Khemavati in die huidige Nepal.Chan Khoon San, Buddhist Pilgrimage, Subang Jaya Buddhist Association, Subang Jaya, Malaysia, 2001, bl. 51. Hy het 4 000 jaar lank in drie paleise – Ruci, Suruci en Vaddhana (of Rativaddhana) – gewoon en toe afstand gedoen van die wêreldlike lewe.Vipassana.info, Pali Proper Names Dictionary: Kakusandha

Sy hoofdissipels was Vidhura en Sanjiva onder die monnike en Sama en Champa onder die nonne. Sy persoonlike assistent was Buddhija.

Kakusandha is dood op die ouderdom van 40 000 jaar. Die bodhisattva wat Siddhartha Gautama sou word, is in die tyd van Kakusandha gebore as koning Khema, en Kakusandha het voorspel dat hy die Gautama Boeddha sou word.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Boeddhas