duimnael|links|Houthuise aan die Rio Guaporé naby Pontes e Lacerda, Brasilië. Die Rio Guaporé (Spaans: Río Iténez) is die grootste sytak van die Río Mamoré, saam met die Río Madre de Dios een van die Rio Madeira se twee bronriviere, wat weereens die grootste sytak van die Amasonerivier in Suid-Amerika is. Die rivier, met 'n lengte van 1 210 km, vloei deur Wes-Brasilië en Noordoos-Bolivië.

Die Rio Guaporé ontspring naby Pontes e Lucerda op die Parecis-plato in die Brasiliaanse deelstaat Mato Grosso. In die ooste daarvan ontspring die Río Paraguay. Die Rio Guaporé vloei aansluitend in noordoostelike rigting en vorm vir sowat 970 km die grens tussen Brasilië en Bolivië, voordat die rivier naby Sorpresa, Rondônia, in die Río Mamoré uitmond.

Verwysings

Kategorie:Riviere in Bolivië Kategorie:Riviere in Brasilië Kategorie:Mato Grosso Kategorie:Rondônia