Die Río Mamoré (Portugees: Rio Mamoré) is saam met die Río Madre de Dios een van die Rio Madeira se twee bronriviere, die grootste sytak van die Amasonerivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 930 km, vloei deur Noordoos-Bolivië en Wes-Brasilië.
duimnael|links|upright|Satellietbeeld van die Río Mamoré se verloop in Bolivië Die Río Mamoré ontstaan deur die saamvloei van Río Chapare en Río Ichilo. Aansluitend vloei die rivier deur Trinidad. Verder noord bereik die Río Mamoré die grens van Brasilië, waar die Rio Guaporé, die rivier se grootste sytak, uitmond. 'n Wyle later vloei die rivier saam met die Río Madre de Dios, wat uit 'n westelike rigting kom, om die hoofloop van die Rio Madeira te vorm.
Sytakke Die grootste sytakke (stroomaf): Kümmerly+Frey Rand McNally: Internationaler Atlas. Georg Westermann Verlag. Río Grande (regs) Río Secure (links) Río Tijamuchi (links) Río Apere (links) Río Yacuma (links) Rio Guaporé (regs) Río Yata (links)
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Bolivië Kategorie:Riviere in Brasilië Kategorie:Rondônia