duimnael|350px|Die Kyalami-renbaan in Midrand, Gauteng

Die Suid-Afrikaanse Grand Prix was 'n motorwedren wat by die Kyalami Grand Prix-renbaan en voor dit by die Prins George-renbaan in Suid-Afrika plaasgevind het. Dit het in 1967 verskuif na die Kyalami Grand Prix-renbaan waar dit tot en met die laaste wedren in 1993 aangebied is.

Die eerste wedren vind in die jaar 1934 by die Prince George-renbaan in Oos-Londen plaas. Die Suid-Afrikaanse Grand Prix was aanvanklik as slegs 'n Grand Prix motorsportgeleentheid aangebied en het nie deel uitgemaak van die Formule Eenwêreldkampioenskap nie. Die Grand Prix is 33 keer gehou en het vanaf 1962 25 keer vir die Formule 1 wêreldkampioenskap getel. As gevolg van die Tweede Wêreldoorlog is die Grand Prix tydelik gestaak vanaf 1940 tot en met 1959. Dit het voorgegaan in 1960 tot dit weer in 1985 gestaak is weens boikotte deur die buiteland teen die regering se apartheidsbeleid. Na die einde van apartheid is daar nog twee laaste wedrenne in 1992 en 1993 gehou maar is weens die groot onkoste nie as winsgewend deur die koördineerders beskou nie. Daar is sedertdien nie weer 'n Suid-Afrikaanse Grand Prix aangebied nie.

In April 2018 het Adrian Scholtz, hoof- uitvoerende beampte van Motorsport Suid-Afrika, Suid-Afrika se moontlike terugkeer tot die Formule Een Grand Prix-kalender bespreek. Hy sê dat die belangrikste struikelblokke is die hoë koste vir die aanbied van so 'n geleentheid en die feit dat tans nie een van Suid-Afrika se renbane aan FIA se vereistes as gasheer van 'n Formule Eenren voldoen nie, hoewel Kyalami naby kom. Die moontlikheid van 'n Suid-Afrikaanse Grand Prix in Kaapstad of Durban is ook al bespreek.

In vroeg 2023 was 'n ooreenkoms oor 'n terugkeer van die Suid-Afrikaanse Grand Prix vir die 2024-seisoen amper klaar, maar in Junie 2023 het die FIA aangekondig dat die Suid-Afrikaanse Grand Prix in die nabye toekoms nie 'n terugkeer na die F1-kalender sal maak nie weens die Suid-Afrikaanse regering se standpunt oor Rusland se inval in Oekraïne.

Vorige wenners 'n Pienk agtergrond dui aan dat die Grand Prix nie deel uitgemaak het van die Formule Eenwêreldkampioenskap nie. Jaar Renjaer Vervaardiger Plek 1993 Alain Prost Williams-Renault Kyalami 1992 Nigel Mansell Williams-Renault 1991–1986 Nie plaasgevind nie 1985 Nigel Mansell Williams-HondaKyalami 1984 Niki Lauda McLaren-TAG 1983 Riccardo Patrese Brabham-BMW 1982 Alain Prost Renault 1981 Carlos Reutemann Williams-Ford 1980 René Arnoux Renault 1979 Gilles Villeneuve Ferrari 1978 Ronnie Peterson Lotus-Ford 1977 Niki Lauda Ferrari 1976 Niki Lauda Ferrari 1975 Jody Scheckter Tyrrell-Ford 1974 Carlos Reutemann Brabham-Ford 1973 Jackie Stewart Tyrrell-Ford 1972 Denny Hulme McLaren-Ford 1971 Mario Andretti Ferrari 1970 Jack Brabham Brabham-Ford 1969 Jackie Stewart Matra-Ford 1968 Jim Clark Lotus-Ford 1967 Pedro Rodriguez Cooper-Maserati 1966 Mike Spence Lotus-Climax Oos-Londen 1965 Jim Clark Lotus-Climax Oos-Londen 1964 Nie plaasgevind nie 1963 Jim Clark Lotus-Climax Oos-Londen 1962 Graham Hill BRM 1961 Jim Clark Lotus-Climax Oos-Londen 1960Die Suid-Afrikaanse Grand Prix het tweekeer in 1960 plaasgevind. Verwysing Stirling Moss Porsche Paul Frère Cooper-Climax 1959–1940 Nie plaasgevind nie 1939 Luigi Villoresi Maserati 6CM Oos-Londen 1938 Buller Meyer Riley 1937 Pat Fairfield English Racing Automobiles 1936 Mario Massacuratti Bugatti 35B 1935 Nie plaasgevind nie 1934 Whitney Straight Maserati 8CM 3.0L Oos-Londen

Verskillende renbane (1934–1993)

Verwysings

Kategorie:Formule Een Grands Prix