duimnael|links|Oewervegetasie aan die Río Madre de Dios in Peru duimnael|links|Die hawe van Puerto Maldonado, Peru, aan die Río Madre de Dios duimnael|links|Veerbote op die Río Madre de Dios in Puerto Maldonado, Peru duimnael|links|Kaart wat die Río Madre de Dios se verloop in Bolivië vertoon Die Río Madre de Dios (Spaans: [ˈmaðɾe ðe ðjos]; letterlik "Moeder van God se rivier") is saam met die Río Mamoré een van die Rio Madeira se twee bronriviere, die grootste sytak van die Amasonerivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 060 km, vloei deur Oos-Peru en Noord-Bolivië.

Die Río Madre de Dios ontspring oos van Cusco in die Peruviaanse Andes. In die weste daarvan ontspring die Río Ucayali, saam met die Río Marañón een van twee bronriviere van die Amasonerivier. Die Río Madre de Dios vloei aansluitend in noordoostelike rigting deur die oostelike Peru en noordelike Bolivië. Naby Riberalta mond die Río Beni, die Río Madre de Dios se grootste sytak, in die rivier in. 'n Wyle later, op die grens tussen Bolivië en Brasilië, vloei die rivier met die uit suidelike rigting komende Río Mamoré saam en die hoofloop van die Rio Madeira ontstaan.

Sytakke Die grootste sytakke (stroomaf): Kümmerly+Frey Rand McNally: Internationaler Atlas. Georg Westermann Verlag. Río Alto Madre de Dios (regs) Río Manú (links) Río Colorado (regs) Rio de Los Amigos (links) Río Inambari (regs) Río de Las Piedras (links) Río Tambopata (regs) Río Heath (regs) Río Manupare (regs)

Verwysings

Kategorie:Riviere in Bolivië Kategorie:Riviere in Peru