duimnael|links|Die Río Beni bereik die Amasonebekken duimnael|links|Die Río Beni naby Riberalta, Noord-Bolivië Die Río Beni is die grootste sytak van die Río Madre de Dios, saam met die Río Mamoré een van die Rio Madeira se twee bronriviere, wat weereens die grootste sytak van die Amasonerivier in Suid-Amerika is. Die rivier, met 'n lengte van 1 100 km, vloei deur Sentraal- en Noord-Bolivië.

Die Río Beni ontstaan deur die saamvloei van die Río de la Paz en Río Cotacajes naby Oruro in die suidweste van Bolivië. In die noordweste daarvan is dié land se regeringsetel La Paz en die Titicacameer geleë. Die Río Beni vloei in noordelike rigting deur die Andes se voetheuwels in die noorde van Bolivië, waar die Río Beni naby Nova Mamoré in die Rio Madeira uitmond.

Sytakke Die grootste sytakke (stroomaf): Kümmerly+Frey Rand McNally: Internationaler Atlas. Georg Westermann Verlag. Río Coroico (links) Río Tuichi (links) Río Emero (links) Río Madidi (links) Arroyo Verde (regs) Río Ivon (regs) Río Madre de Dios (links) Río Orthon (links)

Verwysings

Kategorie:Riviere in Bolivië