Die SEAT Ibiza is 'n superminimotor vervaardig deur die Spaanse motorvervaardiger SEAT sedert 1984. Die Ibiza is vernoem na die Spaanse eiland Ibiza, en die gebruik daarvan in die superminimotorreeks is die tweede benaming van modelle na Spaanse stede, ná die Seat Ronda.
Dit is vrygestel by die 1984 Parys Motorskou as die eerste motor wat ontwikkel is deur SEAT as 'n onafhanklike maatskappy, alhoewel dit ontwerp is deur Seat in samewerking met bekende maatskappye soos Italdesign, Karmann en Porsche.
Vanaf die tweede generasie weergawe af, was SEAT deel van die Duitse motorsaak Volkswagengroep en alle verdere Ibiza geslagte, asook die res van die SEAT model reeks, is gebou op Volkswagengroep platforms, onderdele en tegnologie.
Kategorie:Motorvoertuie