Die vlag van Europa bestaan uit ’n sirkel van twaalf vyfpuntige goue (geel) sterre op ’n asuur (blou) agtergrond. Dit is die vlag en embleem van die Raad van Europa (RvE) en die Europese Unie (EU). Dit word dikwels ook gebruik om die lande van die Eurosone te vertoon, en, meer losweg, om die kontinent van Europa of die lande van Europa onafhanklik van enige van hierdie instellings te verteenwoordig. Die getal van die sterre wissel nie volgens die aantal lidlande van albei organisasies nie omdat hulle bedoel is om al die mense van Europa te verteenwoordig, selfs diegene buite die EU, maar binne die RvE.

Die vlag is in 1955 ontwerp deur Arsène Heitz en Paul M.G. Lévy as simbool vir die RvE en die organisasie het die aanvaarding van die vlag deur ander organisasies aangemoedig. In 1985 het die EU, destyds bekend as die Europese Ekonomiese Gemeenskap (EEG), op die inisiatief van die Europese Parlement, dit aanvaar as sy eie vlag (omdat dit geen eie vlag gehad het nie). Die vlag word nie in die EU se verdrae genoem nie, sy inlywing sou saamval met die Europese grondwet, maar volgens wet is dit formeel aangeneem.

Ondanks die feit dat die vlag deur twee afsonderlike organisasies gebruik word, word dit dikwels meer verbind met die EU as gevolg van die EU se hoër profiel en hul gereelde gebruik van die embleem. Die vlag word ook gebruik om Europa in sportbyeenkomste te verteenwoordig en as ’n pro-demokrasie vaandel buite die Unie. Romania slams Moldova's sanctions Die vlag van Europa het as inspirasie gedien vir ander Europese organisasies en vir lande waar die EU baie betrokke was (soos Bosnië en Herzegowina en Kosowo).

Geskiedenis Skepping

duimnael|links|Die Raad van Europa was die eerste instelling wat die Europese vlag aanvaar het duimnael|links|Europese vlae waai buite die Europese Kommissie Die soeke na ’n simbool het in 1950 begin met die oprigting van ’n komitee wat die kwessie van ’n Europese vlag sou ondersoek. Daar was talle voorstelle, maar ’n duidelike tema vir die sterre en sirkels het te voorskyn gekom. Richard Nikolaus von Coudenhove-Kalergi het voorgestel dat hulle die vlag van sy Internasionale Paneuropese Unie sal aanvaar, wat ’n blou agtergrond was met, in die middel, ’n geel skyf waarin ’n rooi kruis was, wat hyself pas tevore aanvaar het vir die Europese Parlementêre Unie. Letter to the secretary general of the Council of Europe from Richard Coudenhove-Kalergi, Council of Europe As gevolg van die kruis simboliek, is dit deur Turkye (sedert 1949 ’n lid van die Raad van Europa) verwerp. Council of Europe fahnenversand.de Kalergi het toe die toevoeging van ’n halfmaan op die kruis se ontwerp voorgestel om die Moslems se besware te oorkom. Letter from Richard Coudenhove-Kalergi regarding a Muslim modification to the Pan-Europa flag design, Council of Europe ’n Ander organisasie se vlag was dié van die Europese Internasionale Beweging, wat ’n groot groen "E" op ’n wit agtergrond het. European Movement crwflags.com Proposals for the European flag crwflags.com ’n Verdere ontwerp was gebaseer op die Olimpiese ringe: agt silwer ringe op ’n blou agtergrond. Dit is verwerp omdat die ringe met “inbel”, “ketting” en “nulle” geassosieer is. Een voorstel het ’n groot geel ster op ’n blou agtergrond gehad, maar dit is verwerp as gevolg van sy ooreenkoms met die sogenaamde Burnet-vlag en die vlag van die Belgiese Kongo.

Die Raadplegende Vergadering het hul keuse tot twee ontwerpe verklein. Een was deur Salvador de Madariaga, stigter van die Kollege van Europa, wat ’n konstellasie van sterre op ’n blou agtergrond voorgestel het (geposisioneer volgens hoofstede, met ’n groot ster vir Straatsburg, die setel van die Raad). Hy het sy vlag in baie Europese hoofstede laat vertoon en die konsep het is gunstig ontvang. Die tweede, deur Arsène Heitz wat by die Raad se posdiens gewerk het en talle ontwerpe voorgelê het, was ’n variant van De Madariaga se vlag; sy ontwerp, wat deur die Vergadering aanvaar is, was soortgelyk aan Salvador de Madariaga s’n, maar in plaas van ’n konstellasie is die sterre in ’n sirkel geplaas. Die Raadplegende Vergadering het Heitz se ontwerp verkies. Die vlag wat egter deur die Vergadering gekies is, het vyftien sterre, wat die aantal lidlande van die Raad van Europa reflekteer. Die Raadplegende Vergadering het hierdie vlag gekies en aanbeveel dat die Raad dit moet aanvaar.

Die Komitee van Ministers (die Raad se hoofbesluitnemingsliggaam) het met die Vergadering ooreengekom dat die vlag ’n sirkel van sterre moet wees, maar die getal dertien was ’n oorsaak van twis. Daar is op twaalf besluit en Paul M.G. Lévy het die presiese ontwerp van die nuwe vlag soos dit vandag daar uitsien, ontwerp. Die Raad van Europa se parlementêre vergadering het dit op 25 Oktober 1955 goedgekeur. Op 8 Desember 1955 is die vlag aanvaar en is dit onthul by die Château de la Muette in Parys op 13 Desember 1955.

Europese Gemeenskappe duimnael|Viering van die Europadag in Brussel met die Europese vlag nadat op 1 Mei 2004 tien nuwe lidlande by die EU aangesluit het Na aanleiding van die Expo 58 in Brussel, het die vlag trefkrag gevind en die Raad van Europa het by ander Europese organisasies bepleit om die vlag as kenteken van Europese eenheid te aanvaar. Die Europese Parlement het die inisiatief geneem in die soeke na ’n vlag wat deur die Europese Gemeenskappe aanvaar sou word. Kort na die eerste direkte verkiesings van 1979 is ’n konsepresolusie oor die kwessie na vore gebring. Die resolusie het voorgestel dat die Gemeenskap se vlag dié van die Raad van Europa s’n sou wees en dit is op 11 April 1983 deur die parlement aanvaar.

Die Europese Raad van Junie 1984 (die Gemeenskap se leiers) wat in Fontainebleau vergader het, het die belangrikheid van die bevordering van ’n Europese beeld en identiteit aan die burgers en die wêreld beklemtoon. Die volgende jaar, tydens die vergadering in Milaan, het die Europese Raad op 28–29 Junie ’n voorstel van die Komitee vir ’n Europa van die Mense (Adonnino-komitee) ten gunste van die vlag goedgekeur en dit aanvaar. Na aanleiding van die Raad van Europa se goedkeuring, het die gemeenskappe vanaf 1986 begin om dit te gebruik, en is dit vir die eerste keer op 59 Mei 1986 buite die Berlaymont-gebou (die setel van die Europese Kommissie) gehys. Die Europese Unie, wat deur die Verdrag van Maastricht van 1992 opgerig is om die EG te vervang en sy funksies oor te neem, het ook die vlag aanvaar. Sedertdien word die gebruik van die vlag gesamentlik deur die Raad van Europa en die Europese Unie beheer.

Vorige vlae duimnael|links| Voormalige vlag van die Europese Parlement, 1973–1983 Voor die ontwikkeling van politieke instellings, was vlae wat Europa verteenwoordig beperk tot unifikasiebewegings. Die gewildste was die Europese Beweging se groot groen “E” op ’n wit agtergrond en die “Pan Europese vlag”. Met die ontwikkeling van instellings, behalwe vir die Raad van Europa, het ander embleme en vlae ontstaan. Geeneen was egter bedoel om ’n wyer Europa te verteenwoordig nie en is sedertdien vervang deur die huidige vlag van Europa.

Die eerste groot organisasie wat ’n eie vlag aanvaar het, was die Europese Gemeenskap vir Steenkool en Staal (EGKS), wat met die Europese Gemeenskappe saamgesmelt het. Die EGKS is in 1952 gestig en die vlag van die EGKS is in 1958 by die Expo in Brussel onthul.

Die vlag het twee bane, blou bo en swart onder met ses goue (silwer vanaf 1973) sterre, drie op elke baan, vertoon. Blou het staal voorgestel, swart steenkool en die sterre die ses aanvanklike lidlande. Die sterre het toegeneem met die aantal lede tot 1986 toe die sterre se aantal vasgestel is op twaalf. Met die verstryking van die EGKS-verdrag in 2002, is die vlag buite die Europese Kommissie in Brussel gestryk en vervang met die Europese vlag. The ECSC flag 1986–2002, CVCE The ECSC flag 1978, CVCE

Die Europese Parlement het ook sy eie vlag van 1973 gebruik, maar dit is nooit formeel aanvaar nie. Dit het in 1983 in onbruik verval met die aanvaarding van die twaalf-sterre-vlag deur die parlement. Die vlag het die geel-en blou kleurskema gevolg, maar in plaas van twaalf sterre was daar die letters EP en PE (voorletters van die Europese Parlement in die destydse ses gemeenskaplede se tale) omring deur ’n krans.

Strepieskodevlag duimnael| Koolhaas se voorgestelde vlag In 2002 het die Nederlandse argitek Rem Koolhaas en sy argitektuurmaatskappy Office for Metropolitan Architecture (OMA) ’n nuwe vlag ontwerp in reaksie op ’n aansoek van Romano Prodi, die Kommissie se president, om maniere te vind vir die herposisionering van die Unie op ’n manier waarin Europa se “diversiteit en eenheid” verteenwoordig sal word. Die voorgestelde nuwe ontwerp is “strepieskode” genoem, soos dit die kleure van elke Europese vlag (van die destydse 15 lidlande) as vertikale bane vertoon. Sowel as die strepieskode-vergelyking, is dit ongunstig vergelyk met muurpapier, ’n TV-toetskaart en seilstoelstof. In teenstelling met die huidige vlag sou dit al die lidlande vertoon.

Dit is nooit amptelik deur die EU of enige organisasie aanvaar nie; dit is egter gebruik as die logo van die Oostenrykse EU-presidentskap van 2006. Dit is opgedateer met die kleure van die 10 lidlande wat sedert die ontwerp aangesluit het, en is ontwerp deur Koolhaas se maatskappy. Sy beskryfde doel is om “na Europa te verwys as die gemeenskaplike poging van verskillende nasies, met die behoud van elkeen se unieke kulturele identiteit”. Daar was aanvanklik sommige klagtes omdat die bane van die vlag van Estland verkeerdelik vertoon is.

Onlangse gebeure duimnael|Saal van die Kapitolynse Museums waar die verdrag vir ’n grondwet vir Europa onderteken is In April 2004 is die vlag vir die eerste keer in die ruimte vertoon deur die ESA-ruimtevaarder André Kuipers, terwyl hy aan boord van die Internasionale Ruimtestasie was.

duimnael|Die 27 oorspronklike ondertekenaars van die Verdrag van Lissabon op 13 Desember 2007 in Lissabon Die oorspronklike beplanning was om aan die vlag amptelike status in die voorgestelde Europese Grondwet te gee. Sedert die bekragtiging daarvan misluk het, het die leiers staatagtige elemente soos die vlag uit die plaasvervangende Verdrag van Lissabon verwyder. Die Europese Parlement het egter die insluiting van simbole ondersteun en het in reaksie ’n voorstel soos dat die vlag meer dikwels in die parlement gebruik sal word, ondersteun. Die parlementslid Jo Leinen het daarop gewys dat die parlement weer die inisiatief in die gebruik daarvan sal oorneem. Later, in September 2008, het die parlement se Komitee oor Grondwetlike Sake voorgestel dat ’n formele verandering in die reglement gemaak sal word wat ’n beter gebruik van die simbole toelaat. Spesifiek sou die vlag in alle vergaderingskamers (nie net die halfrondvergadersaal nie) en op alle amptelike geleenthede teenwoordig wees. Die voorstel is op 8 Oktober 2008 met 503 teen 96 stemme (15 geen-stemme) aanvaar.

Daarbenewens is ’n verklaring deur sestien lidlande oor die simbole, insluitende die vlag, ingesluit in die finale akte van die Verdrag van Lissabon wat verklaar dat die vlag, die volkslied, die leuse, die geldeenheid en Europadag “vir hulle sal voortgaan as simbole van die gemeenskapgevoel van die mense in die Europese Unie en hulle trou aan die Unie uit te druk”.

Gebruik Raad van Europa duimnael| Sedert 2009 gebruik die Raad van Europa sy eie vlag gebaseer op die Europese vlag Die vlag is oorspronklik ontwerp deur die Raad van Europa en daarom hou die RvE die kopiereg vir die vlag. Die Raad van Europa het egter ingestem dat die Europese Gemeenskappe die vlag kan gebruik en die gebruik van die vlag is sedert die ontstaan deur ander plaaslike organisasies bevorder. Die Raad van Europa deel nou die verantwoordelikheid met die Europese Kommissie om te verseker dat die gebruik van die simbool die waardigheid van die vlag eerbiedig – deur maatreëls om die misbruik daarvan te voorkom.