Die DS 6 is 'n kompakte sportnutsvoertuig wat spesifiek vir die Chinese mark ontwikkel is. Dit word in China deur die gesamentlike Frans-Chinese onderneming Chang'an PSA vervaardig.

Dit is die tweede model in die DS-reeks wat nie die Citroën logo dra nie, na die Citroën DS5 wat vroeër in 2014 vrygestel is.

Die SNV word aangedryf deur 'n 4-silinder 1.6-liter (1598 cc) petrolenjin, wat 147 kW teen 5800 opm lewer en 275 N·m se wringkrag teen 1700-4500 opm. Dit word gereken om van 0–100 km/h in 8,4 sekondes te versnel.

Kategorie:Citroën