duimnael|Die Oorlewendes duimnael|Winter van die NOVA duimnael|Projek X: Vreemdelinge duimnael|Een biljoen jaar NC duimnael|T!Nax'u duimnael|Deur na Nebula Nege duimnael|Die Bruin Planeet

Hierdie lys van Afrikaanse wetenskapsfiksie is chronologies sorteer en sluit slegs die oorspronklike werke in. Hierdie lys sluit ook, waar moontlik, radiodramas, kortverhale en TV-reekse in.

Oorsig Reeds in 1960 skryf Jan Rabie die artikel "Toekomsfiksie en die letterkunde". Rabie, J. 1960. Toekomsfiksie en die letterkunde. Die Kaapse Bibliotekaris, 3(100):9-12. Rabie stel in hierdie artikel die wetenskapsfiksie-genre as wêreldletterkunde aan die leser bekend, hoewel hy ook drie Afrikaanse outeurs noem: hyself, Leon Rousseau en Tiaan Eybers. Rabie, J. 1960. Toekomsfiksie en die letterkunde. Die Kaapse Bibliotekaris, 3(100):9-10. Rabie bespeur oor die algemeen 'n element van wêreldontvlugting, feëverhale,Kannemeyer, J. 2004. Jan Rabie: Prosapionier en politieke padwyse. Kaapstad: Tafelberg, p. 267 herleefde legendes en mitesRabie, J. 1960. Toekomsfiksie en die letterkunde. Die Kaapse Bibliotekaris, 3(100):10.en “kommenterende gewete van die mensdom” Rabie, J. 1960. Toekomsfiksie en die letterkunde. Die Kaapse Bibliotekaris, 3(100):11. in “toekomsfiksie”, wat hy spesifiek in een sin as sinoniem vir “Afrikaanse wetenskapsfiksie” of “ruimterillers” of “science fiction” uitstip.Rabie, J. 1960. Toekomsfiksie en die letterkunde. Die Kaapse Bibliotekaris, 3(100):9. Rabie eien die potensiaal van 'n genre wat die vermoë het om kultuurskeppend te wees, maar gaan een stappie verder: wetenskapsfiksie kan die grens oorbrug tussen humanisme en die wetenskap, kuns en wetenskap, “tussen 'n roos en 'n atoom”.Rabie, J. 1960. Toekomsfiksie en die letterkunde. Die Kaapse Bibliotekaris, 3(100):11. Rabie sien hierdie genre teen die onsekere dampkring van die atoomeeu, ruimtewedloop en Koue Oorlog.

1976: Een fokus wat Rabie sowel in sy artikel as in 'n toegestane onderhoud op Onrus Pieterse, L. 1976. 'n Kuiertjie by Jan Rabie op Onrus. Die Kaapse Bibliotekaris, 3(2):5-6 deel, is sy belangstelling in en bekommernis oor die toekoms van die mens en die Afrikaner, maar ook die uitreik van die mens na die buitenste ruimte.

Twee vrae word beantwoord, waaronder:

en

1983: "Sciencefiction: problematiek en perspektief", deur C.E. Ungerer, is die eerste proefskrif omtrent die wetenskapsfiksie in die Afrikaanse taal.De Waal. 2000. Science fiction (SF) - wat is eintlik aan die gang? Literator 21(2): 28. Sy vra haar af:Ungerer, C.E. 1983. Sciencefiction: problematiek en perspektief. Ongepubliseerde D.Litt. et Phil.-proefskrif, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, Bloemfontein. p. 203

In haar proefskrif kyk sy wel na wetenskapsfiksie-elemente in die oeuvre van Etienne Leroux, Chris Barnard, Breyten Breytenbach, P.G. du Plessis, Anna M. Louw en Jan Rabie. Laasgenoemde se Swart ster oor die Karoo (1957) en Die hemelblom (1971) word as "suiwer SF-verhale" beskou. Sy skryf voorts: "Dit is interessant dat die meeste SF in Afrikaans op die jeugdige leser toegespits is."Ungerer, C.E. 1983. Sciencefiction: problematiek en perspektief. Ongepubliseerde D.Litt. et Phil.-proefskrif, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, Bloemfontein. p.224 Ekliptika X (Pierre Conradie, 1971), Die bruin planeet (Kobus Smit, s.j.) en Blou vier, groen vier (Ilse Steenberg, 1981) kom almal onder die loepUngerer, C.E. 1983. Sciencefiction: problematiek en perspektief. Ongepubliseerde D.Litt. et Phil.-proefskrif, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, Bloemfontein. pp. 224-227 en elkeen word respektiewelik as space opera, avontuurboek en fantasie ingedeel: ietwat teleurstellende pogings tot wetenskapsfiksie (omdat daar weinig sprake van komplekse organisasie met verskillende strata of betekenisvlakke is), hoewel die tekste almal aan SF-kriteria voldoen.

Voorts word Loeloeraai (C.J. Langenhoven, 1923) en "Fofelooi is Sjorsjor" (Pierre Haarhoff, Augustus 1980) uitvoerig bespreek. Na Ungerer se mening slaag Loeloeraai nie as wetenskapsfiksie nie, al is dit ook geslaagde fiksie, omrede die wetenskapfiktiewe struktuurelemente nie geloofwaardig is nie; die wetenskapfiktiewe gegewens word nie oortuigend gerasionaliseer nie, en sommige word eksplisiet verswyg.Ungerer, C.E. 1983. Sciencefiction: problematiek en perspektief. Ongepubliseerde D.Litt. et Phil.-proefskrif, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, Bloemfontein. pp. 260 "Fofelooi is Sjorsjor" slaag wel, omdat die wetenskapfiktiewe novum (nuutjie, gegewe) oorheersend en logies verklaarbaar is, maar daar is ook ander simboliese (maatskaplike) eienskappe opgesluit, asook geen optimale Endzustand nie (daar is in die moderne epistemologie en filosofie van die wetenskap 'n visie van die wêreld met sy gebreke, maar geen optimale oplossing nie).Ungerer, C.E. 1983. Sciencefiction: problematiek en perspektief. Ongepubliseerde D.Litt. et Phil.-proefskrif, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, Bloemfontein. pp. 272-273

Oor die Afrikaanse konteks skryf sy:Ungerer, C.E. 1983. Sciencefiction: problematiek en perspektief. Ongepubliseerde D.Litt. et Phil.-proefskrif, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, Bloemfontein. pp. 277-278

1985: Volgens ProphetProphet, J. 1985. Children’s SF. Its history, literary development and applications in contemporary society. Acta Academica, Series D, no. 5. word wetenskapsfiksie in jeugliteratuur deur literatore, onderwysers en andere as 'n genre van weinig literêre of skolastiese waarde beskou. Om hierdie rede word dit selde, indien ooit, op skole aangebied, "especially in South Afrika (sic) where the genre has yet to become respectable." Kinders glo daarom dat wetenskapsfiksie lektuur is wat geen meriete het of van belang is nie.Prophet, J. 1985. Children’s SF. Its history, literary development and applications in contemporary society. Acta Academica, Series D, no. 5, p. 1. In Hoofstuk 6, ‘Children's SF in South Africa’,Prophet, J. 1985. Children’s SF. Its history, literary development and applications in contemporary society. Acta Academica, Series D, no. 5, p. 43-45 word gedeeltes uit Goldstuck se artikel, 'Low-flying sci-fi' (Fontline, Desember 1984), aangehaal:

Die Afrikaanse werke wat bespreek word, is die Fritz Deelman-reeks (Leon Rousseau), die Leon Hugo-reeks (Leon Kock), Sending Reyger (Rocco van Schalkwyk), die Atlantis-reeks (Helene Hugo), Swart Ster oor die Wêreld (sic) en Hemelblom (sic) (Jan Rabie) en Blou vier, groen vier (Ilse Steenberg). Met die uitsondering van Blou vier, groen vier ("one of the best Afrikaans children's science fiction works"), en die tienerpoging Sending Reyger wat verskoon word, word die meerderheid werke oor die algemeen van swak karaktertekening en "stock situations" beskuldig.

In die samevatting staan:Prophet, J. 1985. Children’s SF. Its history, literary development and applications in contemporary society. Acta Academica, Series D, no. 5, p. 49-50

1988: Volgens Elsabe SteenbergSteenberg, Elsabe. 1988. Primêre behoeftes van tieners waarin hul boeke voorsien. In: Cilliers, Isabel (red.). Op weg na begrip: Kinderliteratuur vir Suider-Afrika. Kaapstad: Maskew Miller Longman. bl. 171-172 kan Afrikaanse wetenskapsfiksie skaars as 'n volwaardige subgenre van jeugliteratuur beskou word, weens gebreke wat betref karakterisering en struktuur. Aan die positiewe kant beskik wetenskapsfiksie oor 'n intelligente opset, opwindende toekomsgerigtheid, en eis intellektuele samewerking van die leser:

Sy lig die volgende kenmerke van Afrikaanse jeugwetenskapfiksie uit: Superwetenskap word dikwels met die fantasie en towery vermeng. Vreemde kreature en veral masjiene speel 'n rol. 'n Onbekende wêreld word betree. Menslike problematiek, waarin die tiener ook na homself kan terugverwys, manifesteer: liefde teenoor haat, angs en krisis, oorwinning teenoor nederlaag.

1988: Inger Preis brei in die laaste hoofstuk van die verhandeling "Fantasie: modern, postmodern en wetenskapfiksie met toespitsing op die Afrikaanse kortverhaal" meer uit oor die Afrikaanse wetenskapsfiksie.Preis, I. 1988. Fantasie: modern, postmodern en wetenskapfiksie met toespitsing op die Afrikaanse kortverhaal. Ongepubliseerde M.A.-verhandeling, Universiteit van Pretoria. pp. 121-156 Die volgende opmerking word gemaak:Preis, I. 1988. Fantasie: modern, postmodern en wetenskapfiksie met toespitsing op die Afrikaanse kortverhaal. Ongepubliseerde M.A.-verhandeling, Universiteit van Pretoria. pp. 134-135

Op grond van Warrick, Greenberg en Olander se wetenskapsfiksie-elemente "grounded in scientific knowledge", "sense of noveltyd", "dislocation in space and time", "awareness of unity", "SF addresses itself to the mind", "a new awareness" en "moment of illumination", word 'n handjievol Afrikaanse wetenskapsfiksie/fantasie-kortverhaaltekste heerteen geweeg, waaronder "Ek het jou gemaak" deur Jan Rabie, "Die nuwe profeet" deur Breyten Breytenbach, "Fofelooi is Sjorsjor" deur Pierre Haarhoff, "Die man wat gewag het op die vuur" deur Eduard de Waal, "Kommune van die lyke" deur Alexis Retief, "End" deur Henk Wybenga, asook "Die besoekers van Epsilon Centauri" deur P.C. Haarhoff.

Preis kom tot die gevolgtrekking:Preis, I. 1988. Fantasie: modern, postmodern en wetenskapfiksie met toespitsing op die Afrikaanse kortverhaal. Ongepubliseerde M.A.-verhandeling, Universiteit van Pretoria. pp. 155-156

1988 is sonder toeval ook die jaar waarin P.C. Haarhoff die Eugène Maraisprys verower vir sy bundel Uit 'n ander Wêreld (1987), op 24 Junie.Tydskrif vir Letterkunde. 1988. Literêr Aktueel: 'Prof. Elize Botha, by die oorhandiging van die Eugène Marais-prys vir 1987 aan P.C. Haarhoff, 24 Junie 1988' / 'Antwoord van Pierre Haarhoff'. XXVI, 3 Augustus: pp. 97-99.

In die 1990's verower drie wetenskapsfiksieboeke die Sanlamprys (kinder- en jeugboekkompetisie, waarvoor manuskripte ingeskryf word). Hieronder tel Rebel deur Tertia Botha (brons, 1994, tema: ligte inslag), In die tyd van die Esob deur Martie Preller (goud, 1996, tema: sport of buitelug), en Die teken van Crux deur Elsa Hamersma (goud, 1998, tema: millenniumwending).Van der Walt, T. 2005. Bekronings en toekennings vir Afrikaanse kinder- en jeugboeke. In: Wybenga, G. & Snyman, M. (reds.). Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: ʼn gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek. Pretoria: Lapa. pp. 163-176.

Teen 1995, met die verskyning van Jeanette Ferreira se wetenskapsfiksieroman, Die onsterflikes, is bevind "In Afrikaans bestaan egter so te sê geen wetenskapsfiksie vir volwassenes nie." Van die redes wat aangevoer word is omdat daar nooit eintlik wetenskapsfiksie in Afrikaans geskryf is nie, lesers ook nie daarvoor gevra het nie, dat wetenskapsfiksie as "kinderlik" beskou is [en nie vir volwassenes bedoel is nie], dat die boekemark te klein is (dat daar net 'n publikasiekans sou wees as dit óf 'n boekklubboek óf ernstige literatuur is), dat die letterkundiges nie wetenskapsfiksie ernstig opneem nie (en dit vereenselwig met middelmoot- of lughaweliteratuur), al het talle ernstige skrywers se werk wetenskapsfiksie-elemente.Wasserman, H. 1995. Waar is ons skrywers van Wf? Die Burger, 15 November: 2

2000: De Waal Venter vra hom in sy artikel, Science fiction (SF) - wat is eintlik aan die gang?, af waarom daar so min wetenskapsfiksie in Afrikaans is, vergeleke met die teelaarde van moderne wetenskapsfiksie in Amerika. Hy wonder of die Afrikaanse skrywers vrees dat hul werk as minderwaardig of minder belangrik beskou sal word sou hulle in hierdie genre skryf. Ook hier word Pierre Haarhoff se bundel Uit 'n ander wêreld uitgelig as "seker een van die sterkste kandidate van Afrikaanse volbloed-SF". Hy verwys ook na die titels wat in Carien Ungerer se proefskrif (1983) behandel word. Hy glo Afrikaanse letterkunde het wetenskapsfiksie nodig en sluit af met die woorde: