KarmelbergCarmel, Mount. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica. is 'n kusbergreeks in die noorde van Israel. Dit strek van die Middellandse See na die suidooste. Die bergreeks is 'n Unesco-biosfeerreservaat en Haifa, Israel se derde grootste stad, is geleë op die noordelike helling. Die Hebreeuse naam 'Karem El' beteken 'God se wingerd'. Die monnikeorde Karmeliete kry sy naam van die berg.
Geskiedenis Die Karmelberg is reeds tydens die vroegste tye van die mensheid bewoon. In die grotte van Kebara en Skhul is spore van Neanderdalmense en argaïese Homo Sapiens gevind wat ongeveer 130 000 jaar oud is d.w.s vroeë Steentydperk. Die Kanaäniete het die god Baal daar vereer. Volgens die Ou Testament het Dawid die gebied omstreeks 1000 v. Chr. in sy ryk ingelyf.Jewish Encyclopedia, Books of KingsJewish Encyclopedia, Book of Amos
Die gebied het dikwels van heerser verander. Dit was deel van die Assiriese, Romeinse, Bisantynse en Ottomaanse ryke. Vanaf die kruistogte het Christene die gebied bewoon. Sedert 1948 is dit deel van Israel.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Berge van Israel Kategorie:Bergreekse in Asië