duimnael|Die grens tussen Botswana (groen) en Suid-Afrika (oranje) duimnael|Die driehoek by Mapungubwe Nasionale Park. Die rivier links na regs is die Limpopo; op die horison is die Shashe. Botswana is links in beeld duimnael|Grenspos by Skilpadshek aan die Suid-Afrikaanse kant duimnael|Grensbaken in die droë Nossobrivier tussen Tweerivieren en Gemsbok duimnael|Grensoorgang by Martin's Drift

Die Grens tussen Suid-Afrika en Botswana is 1 969 kilometer (1 223 myl) lank. Die grens volg vir meer as 90% natuurlike riviere, insluitend die Nossob-, Molopo-, Marico- en Limpoporiviere.

Die westelike eindpunt van die grens is by die driepunt met Namibië, geleë waar die Nossobrivier die 20 oosterlengtegraad kruis. Van hierdie punt loop die grens suidoos langs die Nossobrivier tot by sy samevloeiing met die Moloporivier; in hierdie wêreld loop die grens deur die Kgalagadi-vredespark. Van die samevloeiing van die riviere loop dit algemeen ooswaarts langs die Moloporivier so ver as die Ramatlabamaspruit, en dan van die spruit so ver as die swembad by Ramatlabama.

Van Ramatlabama draai die grens noordwaarts en maak 'n reeks reguitlyne deur bakens op Matlhase, Sebataole, Schaapkuil en Pytlanganyane by Sengoma op die Ngotwanerivier. Dan volg dit die Ngotwane verby Ramotswa tot by sy samevloeiing met die Metsemaswaane-stroom. Die grens draai ooswaarts langs 'n reeks reguitlyne wat bakens op die Moshweuheuwels, Wildebeeskop en die Sikwaneheuwels te Derdepoort op die Maricorivier verbind. Dit volg dan die Maricorivier by sy samevloeiing met die Krokodilrivier. Die Marico- en die Krokodilrivier vloei saam om die Limpoporivier te vorm, en die grens loop langs die Limpopo tot by sy samevloeiing met die Shasherivier, wat die driepunt met Zimbabwe vorm.

Grensposte Hier is 'n lys van grensposte tussen Suid-Afrika en Botswana. Die Suid-Afrikaanse Gids – feite en wenke. 2009. Isabel Uys.

Suid-Afrika Botswana Ure oop Provinsie Koördinate Bray Bray 07:00–16:00 Noordwes Derdepoort Sikwane 06:00–19:00 Noordwes Groblersbrug Martinsdrif 08:00–22:00 Limpopo Kopfontein Tlokweng 06:00–00:00 Noordwes Makopong Makopong 08:00–16:00 Noordwes McCarthysrus McCarthysrus 06:00–18:00 Noord-Kaap Middelputs Middlepits 07:30–16:00 Noord-Kaap Platjan Platjan 06:00–18:00 Limpopo Pontdrif Pontdrif 08:00–16:00 Limpopo Ramatlabama Ramatlabama 06:00–22:00 Noordwes Skilpadshek Pioneer Gate 06:00–00:00 Noordwes Stockpoort Parr se Halte 05:00–18:00 Limpopo Swartkopfontein Ramotswa 06:00–22:00 Noordwes Tweerivieren Tweerivieren 07:30–16:00 Noord-Kaap Zanzibar Zanzibar 08:00–16:00 Limpopo

Verwysings