duimnael|Die grens tussen Namibië (groen) en Suid-Afrika (oranje) duimnael|Die Oranjerivier tussen Namibië en Suid-Afrika duimnael|Die Namibiese kant van die grens by Noordoewer

Die Grens tussen Namibië en Suid-Afrika is 1 005 kilometer (624 myl) lank. Dit kronkel langs die Oranjerivier vanaf sy monding by die Atlantiese Oseaan tot by die 20 oosterlengtegraad, en dan pylreguit noordwaarts langs dieselfde lengtegraad tot by die driepunt met Botswana in die Nossobrivier.

Grensposte Daar is sewe amptelike grensposte, met twee wat in oorgrensparke geleë is en slegs deur toeriste gebruik mag word. Noordoewer/Vioolsdrif word algemeen deur verkeer tussen Namibië en Kaapstad gebruik, terwyl Ariamsvlei/Nakop ideaal is vir verkeer na Gauteng en die ooste van Suid-Afrika asook Mosambiek.

Hier is 'n lys van grensposte tussen Suid-Afrika (almal in die Noord-Kaap) en Namibië. Die Suid-Afrikaanse Gids – feite en wenke. 2009. Isabel Uys. Grenspos Naam inNamibië Ure oop Nota's GPS koördinate Alexanderbaai Oranjemund 06:00–22:00 Permit benodig vir Sperrgebiet Nakop Ariamsvlei 24 uur N10 word B3; asook spoorbrug Onseepkans Velloorsdrift 08:00–16:30 Rietfontein Klein Menasse 08:00–16:30 Sendelingsdrif Sendelingsdrif 08:00–16:30 Slegs vir toeriste aan dieǀAi-ǀAis/Richtersveld-vredespark Mata-Mata Twee Rivieren 07:30–16:30 Slegs vir toeriste aan die Kgalagadi-vredespark Vioolsdrif Noordoewer 24 uur N7 word B1

Sien ook Wet op die Erkenning van die Onafhanklikheid van Namibië, 1990

Verwysings