Transnet Rail Engineering, voorheen bekend as Transwerk, is 'n filiaal van die Transnetbesigheid. Sy funksie is om Suid-Afrika se treine aanhou te laat rol. Volgens die operasionele verslag van Transnet, sluit Transnet Rail Engineering se verantwoordelikheid in "die instandhouding, opgradering en vervaardiging van lokomotiewe, trokke, passasierswaens, rolkomponente en verwante vervoertoerusting".
Die maatskappy bedryf sewe fabrieke in Suid-Afrika. Transnet Rail Engineering het verkoopskantore in 7 Europese lande, 11 in Afrika-lande en in Australië.
Spoordiensoperateurs wat verband hou met Transnet Rail Engineering, sluit in: Transnet Freight Rail COALlink GFB Commercial Luxrail Orex line Shosholoza Meyl
Eksterne skakels Transwerke se operasionele verslag by Transnet
Kategorie:Johannesburg Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse maatskappye