Die Citroën C1 is 'n stadsmotor wat deur die Franse vervaardiger Citroën vervaardig word sedert Junie 2005. Die C1 is ontwikkel as deel van die B-Zero projek deur PSA Peugeot Citroën in 'n gesamentlike onderneming met Toyota. Die Peugeot 107 is identies aan die C1 behalwe vir die voorste buffer en die voor- en agterligte, terwyl die Toyota Aygo effens meer gedifferensieer is maar nog steeds baie dieselfde lyk.
Al die modelle word by die nuwe fasiliteit van die gesamentlike onderneming TPCA (Toyota Peugeot Citroën Automobile) in die stad van Kolín in die Tsjeggiese Republiek gebou. Die projek is by die Geneefse Motorskou bekendgestel in 2005. Die motors is viersitplek, driedeur- of vyfdeur- luikrugmotors wat almal 3,40 meter lank is. Die bakwerk is deur Donato Coco ontwerp.
Eksterne skakels
C1