duimnael|regs|280px|'n Vanagon in die VSA. Die Caravelle in Suid-Afrika was identies hieraan duimnael|regs|280px|'n Mikrobus se stuurkajuit in 1989 Die Volkswagen Mikrobus (Tipe 2 (T3) oorsee) was die derde geslag van die Volkswagen Transporter, primêr in Duitsland vervaardig vanaf 1979 tot 1990. Dit is wêreldwyd bemark onder verskillende name - insluitend die Transporter of Caravelle in Europa, Kombi, Mikrobus en Caravelle in Suid-Afrika, en Vanagon in Noord- en Suid-Amerika.
Hy was groter en swaarder as sy voorganger, die T2, en het 'n meer hoekige en minder geronde stilering gehad.
Suid-Afrikaanse produksie van die T3 het voortgeduur tot in 2002, toe die reeks gestaak is weens 'n tekort aan noodsaaklike onderdele. Die T3 was die laaste geslag agterenjin-Volkswagen.
Wasserbokserenjins is vervang met vyfsilinder Audi-enjins in die "Mikrobus" en "Caravelle", terwyl 'n VW 1.8 L inlynviersilinder in die "Kombi" en "Paneelwa" modelle gebruik is. Die 5-silinder T3 het aanvanklik uitgekom met 'n 2.5 L brandstofinspuitingenjin in 1991, maar dit is vervang in 1995 met 'n 2.6 L met 'n verbeterde brandstofinspuitingstelsel, 5-spoed ratkas en twee style van 15 duim allooiwiele as standaard (Rhein of Burst) saam met groter geventileerde voorste skyfremme.
'n Effens laer spesifikasie 2.3 L vyfsilinder-brandstofinspuiting model is bekendgestel saam met die 2.6, maar was toegerus met 'n 4-spoed ratkas en veranderde omkrulstaalbuffers. Naby die einde van sy produksie is 'n top-van-die-reeks Caravelle 2.6i as die "Exclusiv" bekendgestel. Dit het (agter) twee rye vliegtuigtipe sitplekke wat na mekaar gedraai was in plek van die middelste bank gehad, 'n yskas en 'n oopklaptafel aan die agterkant van die voertuig en Carat 2 allooiwiele. 'n Mikrobus 2,6i met soortgelyke eienskappe, maar met Rhein allooiwiele was bekend as die "Activ".
Die laaste T3 uit die produksielyn in Uitenhage op Vrydag 16 Junie 2002 was 'n goudkleurige Mikrobus 2.6i wat Volkswagen SA behou het vir uitstalling in hul AutoPavilion.
Verwysings
Mikrobus