Toni Stuart (gebore op 21 Januarie 1983) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en digter. Sy is bekend vir haar digkuns, skryfstukke en optredes. Sy poog om ander aan te moedig om hul eie stem te vind deur kreatiewe werkswinkels aan te bied wat hulle inspireer.

Lewensloop Stuart het gedigte begin skryf op 15-jarige ouderdom. Sy het grootgeword in Athlone, 'n voorstad van Kaapstad. Selfs van 'n jong ouderdom af, het haar werk belangstelling getoon in die probleme rondom sosiale ongelykheid. Nadat sy hoërskool klaargemaak het, het sy Joernalistiek studeer by CPUT vanaf 2001 tot 2003.

In 2002 was sy gekies as een van 'n klompie mense om deel te neem in die Afrika/Europese Verhoudingsuitruilprogram met Fonty's Hogescholen Joernalistiek in Tilburg, Nederland. Aanvanklik het Toni as 'n joernalis gewerk and as ontwikkelaar van die jeug in die nie-regeringsorganisasie sector. Sy volg tans haar passie vir digkuns voltyds.

Invloede Toni Stuart word geïnspireer deur digters soos Janet E. Aalfs, Audre Lorde, Anis Mojgani, Jacob Sam-La Rose, Gabeba Baderoon, Antjie Krog, Lemn Sissay, Kelwyn Sole, Rustum Kozain, D'bi Young, Diana Ferrus, en Mary Oliver. Sy verg musikale aanmoediging van musikante soos John Mayer, Miles Davis, Kyle Shepherd, Arvo Pärt, Jenni Thompson, Gregory Porter, Damien Rice, en Rachmaninov. Verdere inpsirasie put sy van visuele kunstenaars soos Burning Museum, Ernestine White, Firdous Hendricks, Anthony Gormley, en Shantell Martin. Haar vroulike rolmodelle is Malika Ndlovu, Tina Schouw, en Shelley Barry.

Mylpale Toni Stuart word ook geken as 'n werkswinkel fassiliteerder. Sy het al gewerk met 'n aantal skole, NGOs en die Institute for Justice and Reconciliation.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse digters Kategorie:Geboortes in 1983 Kategorie:Lewende mense