Die nasionale vlag van Maleisië is op 26 Mei 1950 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon veertien horisontale rooi en wit bane met ’n blou reghoek met ’n goue 14-puntige ster en sekelmaan in die skildhoek.

Simboliek Die 14 bane van dieselfde hoogte stel die gelyke status van die 13 lidstate en die federale regering van Maleisië voor terwyl die 14 punte van die ster die eenheid tussen hierdie entiteite voorstel. Die ster staan bekend as die Bintang Persekutuan (Federale Ster). Die sekelmaan stel Islam voor, wat die amptelike geloof van die land is; die blou reghoek stel die eenheid van die Maleiers voor; die goue kleur van die ster en sekelmaan is die koninklike kleure van die Maleise regeerders. Flags Of The World Maleisië: Beskrywing

Ontwerp Die verhouding van die vlag is 1:2. Die sekelmaan se oop kan wys in die rigting van die wapperkant.

350px|senter|Konstruksietekening

Geskiedenis Die vlag van Maleisië, wat vir die eerste keer op 16 September 1963 gehys is, het ontstaan uit die vlag van die Federasie van Malakka. Voor die skep van die nuwe vlag het elke deelstaat van Maleisië sy eie vlag gehad waarvan baie vandag nog onveranderd is.

Keuse van vlag Toe die Federasie van Malakka die kortstondige Unie van Malakka vervang het, het die regering deur die Federale Wetgewende Raad ’n ontwerpkompetisie vir ’n nuwe vlag versoek. Drie vlae is aan die publiek voorgehou. Die eerste vlag het 11 sterre bevat met twee Maleise krisse (dolke) in die middel teen ’n blou agtergrond. Die tweede vlag was ’n “konsentriese sirkel van 11 sterre om gekruisde krisse op ’n blou baan.” Die derde het elf bane in rooi en wit afwisselend gehad met ’n geel sekelmaan en vyfpuntige ster op ’n blou agtergrond in die skildhoek. Die derde ontwerp – deur Mohamad Hamzah van die Departement van Openbare Werke – is as die wenner gekies deur middel van ’n meningspeiling in The Malay Mail. Sonia Ramachandran. Golden Merdeka Memories: National flag chosen by people in one of country's first public polls. New Straits Times. 18 Augustus 2006. Omdat Malakka in die tyd van die Maleikrisis teen die kommuniste geveg het, het die vyfpuntige ster ’n te groot ooreenkoms met die kommunistiese simbool gehad. Die ster is gevolglik aangepas om nog ses punte by te kry.

Die Maleisiese vlag is op 19 Mei 1950 deur koning George VI goedgekeur en is vir die eerste keer op 26 Mei 1950 gehys voor Istana Selangor. Op 31 Augustus 1957 is dit met verkryging van onafhanklikheid op die Merdekaplein in die plek van die Britse Unievlag gehys.

Die ontwerper duimnael|Vlag van die Britse Oos-Indiese Kompanjie Die Maleisiese vlag is deur Mohamed Hamzah, ’n 29-jarige argitek wat vir die Departement van Openbare Werke in Johor Baharu, Johore gewerk het, ontwerp. Hy het in 1947 vir die vlagontwerpkompetisie ingeskryf met twee ontwerpe wat hy binne twee weke afgehandel het. Die eerste ontwerp was ’n groen vlag met ’n blou kris in die middel, omring deur 15 wit sterre. Die tweede ontwerp, wat onder die finaliste was, was soortgelyk aan die huidige vlag maar met ’n vyfpuntige ster. Dit ontleen ’n groot ontwerpelement (die horisontale bane) aan die vlag van die Britse Oos-Indiese Kompanjie. Daar was 373 inskrywings vir die kompetisie en die algemene publiek kon via die pos vir hul gunsteling stem. Dato’ Onn Jaafar, ’n senior Maleisiese staatsman, het vir Hamzah ontmoet nadat hy die kompetisie gewen het en voorgestel dat die ster 11 punte het om al die Maleisiese deelstate te verteenwoordig.

Mohamad Hamzah is ’n paar ddae voor sy 75ste verjaardag oorlede in Jalan Stulang Baru, Kampung Melayu Majidee, Johor.

Wysigings duimnael|Die Maleisiese vlag bo die kantoor van Toerisme Maleisië Trafalgarplein, Londen. Die vlag van Uganda is op die agtergrond bo Uganda-huis. Na die totstandkoming van Maleisië op 16 September 1963 is die ontwerp van die Maleisiese vlag gewysig om die nuwe deelstate in die federasie te reflekteer en eerbiedig.

Drie addisionele bane is tot die bestaande vlag toegevoeg en die ster is 14 punte gegee om die federasie se oorspronklike 11 deelstate in Maleisië plus Sabah, Sarawak en Singapoer te reflekteer; hierdie ontwerp het onveranderd gebly, selfs na Singapoer se uitsetting uit die federasie twee jaar later. Toe Kuala Lumpur op 1 Februarie 1974 as ’n federale territorium aangewys is, is die addisionele baan en punt van die ster toegewys om hierdie nuwe toevoeging tot die federasie te verteenwoordig. Uiteindelik, met die toevoeging van twee ander federale territoriums – Labuan in 1984 en Putrajaya in 2001 – is die veertiende baan en punt van die ster met die federale regering in die algemeen begin assosieer.

In 1997, toe die Maleiers genooi is om ’n naam aan die vlag te gee, het die Eerste Minister, Tun dr. Mahathir bin Mohammad die naam Jalur Gemilang gekies om die land se voorwaartse strewe na volgehoue groei en sukses te projekteer.

Teken van respek Gedurende vieringe van Maleisië se Nasionale Dag word almal aangemoedig om die Jalur Gemilang aan huise, kantoorgeboue en korporatiewe persele te laat hang. Indien die vlag tuis vertoon word, moet dit gehys word dat dit in die rigting van die pad wys. Indien die vlag in ’n groep met deelstaats- en privaatmaatskappyvlae vertoon word, moet die Maleisiese vlag tussen twee vlae gehys word en die vlagpaal waaraan dit hang moet hoër wees as die ander.

Vlaglied Die vlaglied is geskryf as toewyding en trots van die Maleisiese nasionale vlag. Dit word op 31 Augustus, Maleisië se onafhanklikheidsdag. opgevoer. Die oorspronklike lied Benderaku is geskryf deur Tony Fonseka, ’n Maleisiese liedjieskrywer. Nadat die vlag die naam Jalur Gemilang gekry het is die vlaglied in 1997 aangepas. Dit is gevolg deur ’n bekendstelling van ’n nuwe vlaglied met lirieke deur Siso Kopratasa en getoonset deur Pak Ngah. Jalur Gemilang deur Tony Fonseka Jalur Gemilang yang gagah perkasa Merah putih kuning biru warnanya Berkibar megah penuh bercahaya Pusaka kita rakyat Malaysia

Jalur Gemilang, oh benderaku Kupertahankan sepenuh ragaku Dikaulah lambang negara berpadu Di bawah naungan Duli Tuanku

Berkibar terus oh benderaku Kaukan kujunjung sepanjang waktu Harumlah nama negara yang tercinta Padamu tempat taat dan setia

Jalur Gemilang, bendera kita Kemegahan rakyat kita semua Berkibar berkibar di ruang angkasa Dirgahayu bendera tercinta! Afrikaanse vertaling Die Magtige Bane van Glorie Rooi, Wit, Geel en Blou is die kleure Wapper hoog in die lug Die nalatenskap van elke Maleisiër

O my vlag, Die Bane van Glorie Ek sal dit met alle mag verdedig Die Simbool van ’n verenigde volk Onder beskerming van Sy Koninklike Hoogheid

Wapper hoog o my vlag Ek sal dit altyd hys Skitter omhoog, my geliefde volk Aan jou sweer ek volle trou

Die Bane van Glorie, ons vlag Ons almal se trots Wapper, wapper hoog in die lug Lank lewe ons geliefde vlag! Jalur Gemilang deur Pak Ngah & Siso Kopratasa Merahmu bara semangat waja Putihmu bersih budi pekerti Kuning berdaulat payung negara Biru perpaduan kami semua

Puncak dunia telah kautawan Lautan luas telah kauredah Membawa semangat jiwa Merdeka Semarak jaya kami warganya

Empat belas melintang jalurnya Semua negeri dalam Malaysia Satu suara satu semangat Itu sumpah warga berdaulat

Jalur Gemilang di bawah naunganmu Jalur Gemilang kami semua bersatu Perpaduan ketaatan Amalan murni rakyat Malaysia

Jalur Gemilang megah kami terasa Jalur Gemilang kibarkanlah wawasan Merah, putih, biru, kuning Jalur semangat kami semua

(2x)

Berkibarlah!, berkibarlah!, berkibarlah!, Jalur Gemilang! Afrikaanse Vertaling Jou rooi verteenwoordig ysere wil Jou wit verteenwoordig skoon en vriendelike karakter Geen van die Soewereine, die land se beskermer Blou vir ons almal in eenheid

Jy het die hoogtes van die wêreld bereik Jy het die wye waters deurreis Die gees van onafhanklikheid gedra Ons is lede van sy suksesvolle wil

Veertien bane dwars Vir elk van die state van Maleisië Een stem, een gees So sweer sy soewereine burgers plegtig

Bane van Glorie, onder jou sorg Bane van Glorie, word ons verenig Eenheid en lojaliteit Is die edele waardes van die Maleisiese volk

Bane van Glorie, hoe trots is ons nie Bane van Glorie, verkondig ons visie Rooi, wit, blou, geel Is die bane van ons voorneme

(2x)

Fladder-aan, fladder-aan, fladder-aan Bane van Glorie!

Ander vlae Staatsvaartuie gebruik die Jalur Gemilang as die staatsvaandel. Die ander vaandels wat in Maleisië gebruik word, word hieronder weergegee.

Federale Ster Die Federale Ster wat soortgelyk in konsep is aan Australië se Gemenebesster, stel die noue federasie van die deelstate van Maleisië en die federale regering voor. Dit word gebruik op die rondeel van die Koninklike Maleisiese Lugmag, die vlag van die Maleis-Sjinese Vereniging en die logo van die voormalige Verenigde Maleisiese Bankwesekorporasie.

Soortgelyke vlae

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Maleisië by Flags of the World.

Kategorie:Maleisië Maleisie