Hippidion (wat "klein perd" beteken) was ’n perd wat tydens die Pleistoseen, sowat 2 miljoen tot 10 000 jaar gelede, in Suid-Amerika voorgekom het.
Evolusie duimnael|links|210px|’n Skelet in die Natuurhistoriese Museum in Londen. Hippidion is eers beskou as ’n afstammeling van Pliohippus, perde wat sowat 2,5 miljoen jaar gelede na die Suid-Amerikaanse kontinent gemigreer het. Onlangse DNS-toetse dui egter daarop Hippidion is lid van die lewende genus Equus en veral naby verwant aan wilde perde, Equus ferus.
Hippidion en ander Suid-Amerikaanse perde het sowat 8 000 jaar gelede uitgesterf. Geologiese bewyse is in Chili gevind dat Hippidion saldiasiC. Michael Hogan, Cueva del Milodon, Megalithic Portal, 13 April 2008 10 000 tot 12 000 jaar gelede in dié streek voorgekom het. Perde is daarna eers weer in die 16de eeu deur die mens na Suid-Amerika gebring.
Beskrywing Die perd was by sy skouers sowat 1,4 m hoog en het baie soos ’n donkie gelyk. Uit die delikate struktuur van die neusbene lyk dit of Hippidion apart van perdespesies in Noord-Amerika ontwikkel het.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Perde Kategorie:Uitgestorwe soogdiere