Die term Kwartêre Uitwissing verwys na die uitsterwing van verskeie groot dierespesies tydens die Kwartêre Periode, veral met die oorgang van die Pleistoseen- na die Holoseen-epog. Die uitwissing het nie aan die einde van die Pleistoseen geëindig nie, maar het voortgegaan in die Holoseen, veral op geïsoleerde eilande.
Onder die baie teorieë deur paleontoloë oor wat dit kon veroorsaak het, is natuurlike klimaatsveranderings en die doodmaak van diere deur mense, wat in die Middel-Pleistoseen hul verskyning gemaak en in die Laat Pleistoseen en Holoseen na ander streke gemigreer het. Die verspreiding van siektes word ook as ’n moontlike oorsaak beskou.
Die Pleistoseen-uitwissing duimnael|350px|Die landskap in Noord-Spanje (Eurasië) tydens die Laat Pleistoseen. Die Laat Pleistoseen-uitwissing behels die uitsterwing van baie soogdiere van swaarder as 40 kg. In Noord-Amerika het 33 van 45 genera groot soogdiere uitgesterf, in Suid-Amerika 46 van 58, in Australië 15 van 16, in Europa 7 van 23 en in Afrika suid van die Sahara 2 van 44.
In die Amerikas het al die soogdiere van Suid-Amerikaanse oorsprong wat swaarder as 100 kg geweeg het, uitgesterf – insluitende dié wat noord gemigreer het. In Noord- en Suid-Amerika asook Australië het uitwissings voorgekom op familievlak of hoër.
Daar is veral drie hipoteses oor die oorsake van die Pleistoseen-uitwissing: Die diere is dood weens klimaatsveranderings wat verband hou met die toe- en afname van groot yskappe of -plate. Die diere is deur mense doodgemaak (die "jaghipotese" of "oormatige-uitwissing-hipotese").Updating Martin's global extinction model. Richard Gillespie. Quaternary Science Reviews. Volume 27, Issues 27–28, Desember 2008, ble. 2522–2529. Ice Age Refugia and Quaternary Extinctions: An Issue of Quaternary Evolutionary Palaeoecology. Die uitwissing van die wolhaarmammoet (om watter rede ook al, miskien deur mense) het die uitgestrekte graslande in berkewoude verander, en daaropvolgende woudbrande het toe die klimaat verander.Donald K. Grayson, David J. Meltzer. 2002. Clovis Hunting and Large Mammal Extinction: A Critical Review of the Evidence. Journal of World Prehistory. Desember 2002, Volume 16, Uitg. 4, ble. 313-359. http://link.springer.com/article/10.1023/A:1022912030020 Ons weet nou die graslande is wel ná die uitsterwing van die mammoete deur berkewoude vervang en dat ’n tydperk van groot brande daarna voorgekom het.Geophysical Research Letters, Vol. 37, L15703, Biophysical feedbacks between the Pleistocene megafauna extinction and climate: The first human-induced global warming? Christopher E. Doughty, Adam Wolf en Christopher B. Field.
Jaghipotese duimnael|links|Die persentasie soogdiere wat op sekere vastelande uitgesterf het ná die mens se aankoms. Volgens die jaghipotese het mense groot plantvretende soogdiere gejag totdat hulle heeltemal uitgewis was. As gevolg hiervan het karnivore en aasdiere wat van hulle geleef het, ook uitgesterf weens ’n gebrek aan prooi. Van die bewyse daarvoor is die fossiele van groot diere wat saam met menslike oorskotte gevind is, met pyle in die lyf en merke wat deur gereedskap gemaak is aan die bene. Daar is ook grottekeninge wat dié jagtogte uitbeeld. Volgens sekere teorieë het dié uitwissing in ’n redelike kort tyd gebeur.
Die noue verband tussen die tye van uitsterwing en tye waarin die mens in sekere streke aangekom het, is verdere bewyse vir die jaghipotese. Groter diere op sekere eilande het nog vir duisende jare voortbestaan ná die verdwyning van hul eweknieë op die vasteland. Reuseluidiere het byvoorbeeld in die Antille oorleef lank ná dié in Noord- en Suid-Amerika. Die latere verdwyning van die eilandspesie stem ooreen met die tydperk waarin die eilande deur mense betrek is. Net so het dwergwolhaarmammoete op Wrangel-eiland naby Siberië en St. Paul-eiland in Alaska duisende jaar langer as dié op die vasteland oorleef.
Die vroegste uitsterwings in Australië word geraam op sowat 50 000 jaar gelede in die tyd toe mense daarheen gemigreer het, lank voor die laaste glasiale maksimum en voor temperatuurstygings. In Tasmanië het groot spesies soos die reusekangaroo baie langer oorleef, waarskynlik omdat die mens daar eers ’n paar duisend jaar later as in Australië aangeland het.
Uitsterwing van groot diere in Noord- en Suid-Amerika en Madagaskar het ook tegelykertyd toegeneem – dit is plekke sonder enige gemeenskaplike klimaatstoestande. Die enigste gemeenskaplike faktor was die aankoms van die mens in dié gebiede.
Biogeografiese bewyse dui daarop dat gebiede waar die mens sy oorsprong het, tans meer van sy groot Pleistoseense diere oorhet (soos die olifante en renosters van Afrika en Asië) as streke soos Australië, die Amerikas, Madagaskar en Nieu-Seeland waar in dié tyd geen mense was nie. Dit dui daarop dat diere in gebiede waar hulle saam met die mens ontwikkel het, ’n vrees vir hulle ontwikkel het en geleer het om hulle te ontwyk. In gebiede waarheen die mens eers later gemigreer het, was die diere naïef en sonder vrees vir die mens, en dus makliker om te jag.
Argumente teen die jaghipotese Die grootste argumente teen die jaghipotese is: Sekere kenners meen dit sou onwaarskynlik gewees het dat die mens sy prooi in so ’n mate sou jag dat dit uitsterf, aangesien hulle die diere nodig gehad het om te oorleef. Sekere ekoloë verwerp dié standpunt omdat die mens die grootste dieetkeuse van enige roofdier het en heeltemal in staat is om ander diere te jag of selfs ander kos soos plante te eet indien nodig. Hulle sou dus nie so bedag daarop gewees het om te sorg dat sekere spesies nie uitsterf nie. duimnael|220px|Die Noord-Amerikaanse bison, wat oorleef het. Van die diere wat gejag is, soos ’n enkele spesie bison, het nie uitgesterf nie. ’n Mens kan nie redeneer die oorlewende bisons in Noord-Amerika het van Eurasië af gemigreer en was dus gewoond aan menslike jagters nie, want bisons het sowat 240 000 jaar gelede die eerste keer in Amerika hul verskyning gemaak en daarna in moderne bisons ontwikkel. Bisons sou dus aan die einde van die Pleistoseen net so naïef gewees het as ander Noord-Amerikaanse diere. Sommige skrywers meen die kleiner diere van vandag kan nie aan die hand van die jaghipotese verduidelik word nie. Ander glo dit is moontlik omdat mense die grootste diere sou gekies het om te jag; daar is al bewys sommige diere het selfs net in die 20ste eeu kleiner geword weens jagpraktyke. Die Eurasiese uitwissing van groot diere het min of meer saamgeval met dié in Noord-Amerika, hoewel dié diere meer tyd gehad het om by jagters aan te pas. Ander faktore speel egter ook ’n rol: waar die uitsterwing in Noord-Amerika plaasgevind het nadat die mens skielik sy verskyning daar gemaak het, het die uitsterwing in Eurasië geleidelik toegeneem namate die mens al hoe verder noord beweeg het omdat sy tegnologie en vermoë om koue te trotseer verbeter het. Die prosesse waarvolgens die uitwissing plaasgevind het, verskil dus in die twee streke. Eugene S. Hunn, president van die Etnobiologiese Vereniging, wys daarop dat die mens nie talle spesies se uitwissing sou kon bewerkstellig nie omdat die geboortesyfers in jaggemeenskappe te laag was en dit te veel energie sou kos om ’n reusedier te jag en dood te maak. Indien wel, sou ’n enorme hoeveelheid vleis vermors moes gewees het. In relatief moderne tye is dit bekend dat sekere volke, soos die Lakota van Noord-Amerika, net soveel bisons sou jag as wat hulle nodig gehad het, en hulle het feitlik elke deel van die dier se liggaam gebruik, al was daar miljoene bisons.Svenson, Sally. "Bison ." South Dakota Department of Game, Fish and Parks, 1995. Dit lyk egter of ander norme gegeld het vir jaggemeenskappe wat pas aangekom het op ’n nuwe kontinent met derduisende diere wat maklik gejag kon word. So het die vroeë Maori's byvoorbeeld voor die voet jag gemaak op die moa en dit het gelei tot ’n groot vermorsing van minder gewilde vleissnitte.
Klimaathipotese Aan die einde van die 19de en begin van die 20ste eeu, toe wetenskaplikes vir die eerste keer besef het daar was glasiale en interglasiale tye en dat hulle op die een of ander manier verbind kan word met die oorlewing of uitsterwing van sekere diere, het hulle gedink die einde van die Pleistoseense ystyd kan ’n rede wees vir die uitsterwing van groot diere.
duimnael|220px|links|’n Kunstenaarsvoorstelling van die laaste glasiale tyd op sy maksimum. Daarna het dit al hoe warmer geword, totdat ons ons vandag in 'n interglasiale tyd bevind. Die mees vanselfsprekende verandering aan die einde van ’n glasiale tyd is die toename in temperatuur. Tussen 15 000 en 10 000 jaar gelede het die wêreldwye gemiddelde temperatuur met 6 °C toegeneem. Daar is aanvanklik geglo dit het die uitwissing veroorsaak. Dit sou groot genoeg druk op soogdiere wat by die koue aangepas het, geplaas het om te vrek. Hul warm pelse, wat hulle in die glasiale tyd teen die koue beskerm het, kon verhoed het dat hulle van oortollige hitte ontslae raak en dan sou hulle van hitte-uitputting doodgegaan het. Die groter soogdiere sou erger getref gewees het weens die kleiner verhouding tussen hul oppervlakgrootte en volume.
Kritici het gemeen daar was verskeie glasiale en interglasiale tye in die evolusiegeskiedenis van baie van die groot diere, en die temperatuurstygings ná die Pleistoseen was nie hoër as met vroeëre interglasiale tye nie. Daarom is dit onwaarskynlik dat diere net ná die laaste glasiale tyd uitgesterf het. Dit verduidelik ook nie hoekom spesies op eilande soos Wrangel- en St. Paul-eiland langer oorleef het nie, want hul bevolkings sou kleiner gewees het en hulle sou nie na ander, gunstiger gebiede kon trek soos dié op die vasteland nie.
’n Onlangse studie het egter getoon die uiteindelike bevolkingsamestelling van die Pleistoseense groot diere kon aansienlik verskil het van dié van groot diere in die vroeëre interglasiale tye, veral wat betref die oorvloed en geografiese omvang van Pleistoseense bisons aan die einde van die epog. In vroeëre interglasiale tye was bisons nie so volop nie.
Daar is veral bewyse teen die klimaathipotese wat Australië betref. Die klimaat tydens die uitwissing daar (40 000 – 50 000 jaar gelede) was soortgelyk aan dié van vandag, en daar is bewyse die diere was goed aangepas by ’n droë klimaat. Die uitsterwings het ook in ’n baie kort tydperk plaasgevind, wat ooreenstem met die tyd dat mense op die kontinent aangekom het. Die hoofrede vir uitwissing was waarskynlik brande (wat deur die mens veroorsaak is) omdat brande vroeër nie so algemeen was nie. Isotopiese bewyse bestaan dat daar veranderings in die dieet van oorlewende spesies was, wat te doen kon gehad het met die stres wat hulle voor die uitwissing ondervind het.
Bewyse bestaan ook dat klimaatsveranderings en ’n toenemende seevlak in Suidoos-Asië belangrike faktore was in die uitwissing van verskeie plantvretende spesies, in teenstelling met Europa, Australië en die Amerikas. Veranderings in plantegroei en nuwe toegangsroetes vir mense en soogdiere na voorheen geïsoleerde ekostelsels was nadelig vir sekere diergroepe.
Ontledings van die tande van mastodons uit die Amerikaanse Groot Mere-gebied weerspreek skynbaar ’n klimaathipotese hier. Oor verskeie duisende jare voor hul uitwissing in dié gebied het mastodons ’n afname in ouderdom met volwassewording getoon. Dit is die teenoorgestelde van wat ’n mens sou verwag as hulle stres weens verswakkende omgewingstoestande ervaar het, maar stem ooreen met ’n afname in intraspesie-kompetisie wat veroorsaak sou kon word deur die verkleining van die bevolking deur jagpraktyke.
Kontinentaliteit-hipotese Ander wetenskaplikes het voorgestel dat toenemende seisoenverskille – warmer somers en kouer winters, bekend as "kontinentaliteit" – of verwante veranderings in reënval die uitwissing kon veroorsaak het