Die Amerikaanse leeu (Panthera leo atrox of P. atrox) is ’n leeu van die familie Felidae wat tydens die Pleistoseen-epog (340 000 tot 11 000 jaar gelede) endemies aan Noord-Amerika en noordwestelike Suid-Amerika was. Genetiese studies het getoon dit was ’n susterlyn van die Asiatiese grotleeu, Panthera leo spelaea.Barnett, R.; Shapiro, B.; Barnes, I. A. N.; Ho, S. Y. W.; Burger, J.; Yamaguchi, N.; Higham, T. F. G.; Wheeler, H. T.; Rosendahl, W.; Sher, A. V.; Sotnikova, M.; Kuznetsova, T.; Baryshnikov, G. F.; Martin, L. D.; Harington, C. R.; Burns, J. A.; Cooper, A. (2009). "Phylogeography of lions (Panthera leo ssp.) reveals three distinct taxa and a late Pleistocene reduction in genetic diversity". Molecular Ecology 18 (8): 1668–1677. doi:10.1111/j.1365-294X.2009.04134.x
Beskrywing duimnael|links|’n Skelet van die Amerikaanse leeu. Die Amerikaanse leeu is een van die grootste katspesies wat al bestaan het – effens groter as die primitiewe grotleeu van die vroeë Middel-Pleistoseen, P. leo fossilis, en sowat 25% groter as die moderne Afrika-leeu.
Dit het vermoedelik in Noord-Amerika ontstaan en later na Suid-Amerika gemigreer.Kurtén, B., en E. Anderson. 1980. Pleistocene mammals of North America. Columbia University Press, New York Sy lengte sonder sy stert was na raming 1,6 tot 2,5 m en sy skouerhoogte sowat 1,2 m. Volgens ’n onlangse studie het mannetjies tussen sowat 256 en 351 kg geweeg.
Omtrent 100 fossiele van die dier is in Los Angeles ontdek.
In sommige gebiede het die Amerikaanse leeu in baie koue toestande geleef. Hulle het waarskynlik in grotte teen die koue geskuil en hul lêplekke met gras en blare bedek, soos die Siberiese tier.
Die spesie het dieselfde tyd as baie ander diere tydens die Kwartêre Uitwissing uitgesterf, moontlik omdat baie van hul prooi verdwyn het. Menslike jagters kon ook daartoe help bydra het.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Uitgestorwe soogdiere