Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Tibettane.

duimnael|links|Die woord "ལྷ་སའི་སྐད་" in Tibettaanse skrif Tibettaans (ལྷ་སའི་སྐད་ lha-sa'i skad) is 'n Tibeto-Birmaanse taal wat deur sowat 1,2 miljoen mense in Tibet (Volksrepubliek China), Bhoetan, Nepal en Indië gepraat word. Tibettaans is die amptelike taal van die outonome gewes Tibet en is verwant aan Dzongkha, die amptelike taal van Bhoetan. Tibettaans word in die Tibettaanse skrif geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie. Vir die transliterasie van die Tibettaanse skrif word oorwegend die Wylie-transliterasie gebruik.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Tale van Bhoetan Kategorie:Tale van Indië Kategorie:Tale van Nepal Kategorie:Tale van China Kategorie:Tibet Kategorie:Tibeto-Birmaanse tale