Daniel Rudolf Marais (gebore 21 Januarie 1992, Bloemfontein) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat in die Superrugbyreeks vir die Cheetahs, en in Japan vir die Yamaha Júbilo-span op losskakel speel.

Loopbaan Jeug Marais het die Vrystaat vir die eerste keer in 2005 verteenwoordig toe hy deel was van die o/13-Cravenweekspan. Hy het die Vrystaatse o/19-span in 2010 en 2011 verteenwoordig in die provinsiale toernooi, waar hy hoofsaaklik heelagter gespeel het. Hy het in 2011 124 punte aangeteken in die kompetisie wat die derde meeste in die kompetisie was. Hy het in 2012 en 2013 die Vrystaatse o/21 hoofsaaklik op senter uitgedraf.

Vrystaat Cheetahs Marais is in 2013 in die Vrystaat se Vodacombekerspan ingesluit en het sy seniordebuut gemaak toe hy in die eerste wedstryd van die seisoen teen die SWD Arende in George uitgedraf het; ’n wedstryd wat die Vrystaat met 31–8 gewen het. Hy het in ses wedstryde van daardie seisoen gespeel.

In 2014 is hy aangewys as kaptein van die Vodacombekerspan en het 41 punte in ses wedstryde aangeteken. Hy het sy eerste drie gedruk in die eerste wedstryd van die seisoen, weer teen die SWD Arende en het 'n verdere 10 punte met die stewel aangeteken.

Griekwas In Mei 2014 het Marais hom op 'n tweemaandekontrak by die Griekwas aangesluit vir die kwalifiserende wedstryde van die 2014 Curriebekerseisoen.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners