duimnael|300px|Die Eerste Taalmonument (links) en die Burgermonument (regs) in Burgersdorp, Oos-Kaap, Suid-Afrika
Die Burgermonument is 'n monument van twee Boerekrygers in Burgersdorp in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die monument gedenk die slag van Stormberg wat op op 10 Desember 1899 tydens die Tweede Vryheidsoorlog plaasgevind het. 'n Aantal van die dorp se inwoners het in die slag omgekom. Die monument is in 10 Januarie 1908 onthul en die seremonie is deur twee Boere-generaals, Koos de la Rey en C.F. Beyers, bygewoon.
Die monument is op 2 Junie 2015 gevandaliseer en met groen verf bemors. Die Eerste Taalmonument, wat langs die Burgermonument op Burgerplein staan, is nie beskadig nie.Boerekrygers Groen Geverf, Munisipale Bestuurder se Skuld , besoek op 6 Junie 2015Afrikanererfenis beskadig in Burgersdorp , PRAAG, 4 Junie 2015
Verwysings
Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika