Stefan Ludik (gebore 5 April 1981) is 'n Namibiese musikant, TV-persoonlikheid, akteur en voormalige krieketspeler van Windhoek. Hy was die eerste deelnemer wat Namibië in die werklikheidsreeks Big Brother Africa verteenwoordig het. Hy is 'n gewilde Afrikaanse sanger en akteur.Stefan Ludik. TVSA: The South Africa TV Authority. Besoek op 4 Junie 2015.
Biografie Ludik is op 5 April 1981 gebore. Sy pa, Paul, is 'n forensiese wetenskaplite en sy ma, Susan, 'n assuransiemakelaar. Hy het 'n jonger broer, Hugo, ook 'n voormalige krieketspeler wat in die musiekbedryf betrokke is.
Ná matriek verteenwoordig hy Namibië se o/19 krieketspan by die wêreldbeker in Sri Lanka. Daarna is hy na Duitsland, waar hy as konstruksiewerker gewerk het. Met sy terugkeer kwalifiseer hy homself in die forensiese wetenskappe en begin sy eie onderneming in 2000, genaamd Invictus Intelligence.Stefan Ludik se profiel, tvsa.co.za, besoek op 26 Augustus 2015
In 2003 skryf hy in vir die Big Brother Africa-werklikheidsreeks. Hy was die eerste deelnemer van Namibië wat aanvaar is en ook die enigste wit deelnemer in die huis. Kort daarna maak hy sy debuut as akteur in Haak en Steek saam met Casper de Vries. Die daaropvolgende jaar vertolk hy die rol van Werner Krantz in M-Net se Egoli: Plek van Goud.
Filmografie Big Brother Africa, seisoen 1, 2003 Haak en Steek, 2003 Egoli: Plek van Goud, as Werner Krantz, 2004–2007 Transito, as François Brink, 2008 Binnelanders/Binneland, as Gustav Kemp, 2012–2014 Jimmy in pienk, 2013
Diskografie Liggroen Doringbome, 2005 (as Stefan Ludik) Vuur en Water, 2007 Burn This Town, 2010 (as Ludik) Disappear, 2013, Mango & André Frauenstein met Ludik Boererock, 2014 (as Elvis Se Seun)
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste Ludick se profiel op cricketarchive.com
Kategorie:Namibiese manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Namibiese musici Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Namibiese krieketspelers