Die nuwe Volkswagen Fox is 'n subkompakte motorvoertuig wat deur Volkswagen van Brasilië vervaardig en ontwerp is en in Latyns-Amerika verkoop is vanaf 2003 tot 2021Dead: The Cutest Hatch From South America, The Volkswagen Fox - José Rodríguez Jr., Jalopnik, 12 Oktober 2021 en in Europa van 2005 tot 2011, waar dit as 'n stadsmotortjie verkoop is. Hierdie Fox is vervaardig as 'n 3-deur en 5-deur luikrug. Daar is ook 'n mini-SUV-weergawe genaamd Fox Xtreme (voorheen CrossFox) en 'n mini-MPV/stasiewa-model genaamd Suran, SpaceFox, SportVan of Fox Plus, afhangende van die mark.
Vorige naamplaat in Suid-Afrika Die Volkswagen Fox was 'n klein gesinsmotor wat deur Volkswagen in Uitenhage, Suid-Afrika gebou is. Dit was inderwaarheid die eerste geslag Jetta, wat se bakstyl voortgeleef het as 'n bekostigbare intreevlakmodel van Volkswagen. Koste is bespaar deurdat die Fox gewoon afgewerk is, en nie luukshede soos 'n kragstuur, lugversorging, sluitweerremme of lugsakke gehad het nie.
Verwysings
Fox