Metapedia is 'n veeltalige, ver-regse, elektroniese, wiki-tipe ensiklopedie wat beweer dat dit op kultuur, kuns, wetenskap, filosofie en politiek fokus. Dit bevat wit nasionalistiese, Neo-Nazi, en ver-regse standpunte."Metapedia" als nationales Pendant zu "Wikipedia" (i.e "Metapedia" as 'n nasionalistiese eweknie tot "Wikipedia") van: "Report by the NRW Office for the Protection of the Constitution for the year 2008" deur die Departement van binnelandse sake van Noordryn-Wesfale. pp. 59f.

Geskiedenis Die Sweedse Metapedia is op 26 Oktober 2006 deur Anders Lagerström begin."Nazistsida blir fall för JK" Die Engelse weergawe is in 2007, en die Nederlandse weergawe in 2011 van stapel gestuur.

Taaluitgawes Sedert 3 Desember 2006 word Metapedia in verskeie tale bedryf. Daar is sedert 4 Junie 2015 reeds sestien taaluitgawes met meer as 200 artikels. Van die taaluitgawes met die meeste artikels sluit in:

Hongaarse Metapedia (147 649) Duitse Metapedia (53 246) Engelse Metapedia (13 832) Sweedse Metapedia (10 233) Spaanse Metapedia (8 985) Estniese Metapedia (2 671) Kroatiese Metapedia (2 524) Roemeense Metapedia (2 392) Franse Metapedia (1 859) Portugese Metapedia (1 609) Slowaakse Metapedia (935) Griekse Metapedia (850) Tsjeggiese Metapedia (671) Noors (Bokmål) Metapedia (600) Nederlandse Metapedia (407) Deense Metapedia (243)

Verwysings

Eksterne skakels metapedia.org - Metapedia se tuisblad

Kategorie:Ensiklopedieë Kategorie:Kultuur in Swede Kategorie:MediaWiki