Leopold II (5 Mei 1747 – 1 Maart 1792) was 'n keiser van die Heilige Romeinse Ryk. Hy is gebore in Wene, Oostenryk, as die derde seun van Frans I, Heilige Romeinse Keiser. Sy moeder was Maria Theresa van Oostenryk. Van jongs af het hy beïndruk met sy leerywer. Die politiese filosoof Karl Anton von Martini was een sy leermeesters.

Groothertog van Toskana Na die dood van Frans I se tweede seun is daar besluit dat Leopold II hom sal opvolg as die Groothertog van Toskana. Deel van die ooreemkoms was dat hy met Maria Louisa van Spanje trou. Die huwelik is in 1765 volstrek in Innsbruck. Hy regeer Toskana vir 25 jaar (van 1765 tot 1790) en bring voorspoed nadat die land feitlik vernietig is deur die laaste van die Medici-familie. Tesame met sy Italiaanse ministers Pompeo Neri en Francesco Maria Gianni voer hulle 'n hervormings program uit. Vryhandel in mielies word ingestel, grondeienaarskap word toegelaat en die konstruksie van kanale, paaie begin en moerasse word dreineer. Marteling en die doodsvonnis word afgeskaf. Besteding aan militêre uitgawes word besnoei en die land verklaar neutraliteit.

Heilige Romeinse Keiser Na die dood van sy broer Josef II volg Leopold hom op om die Oostenryk-Habsburg-huis te regeer. Hy word kort hierna as die Heilige Romeinse Keiser verkies.

Bronnelys

Eksterne skakels

Kategorie:Duitse konings Kategorie:Geboortes in 1747 Kategorie:Huis van Habsburg Kategorie:Sterftes in 1792 Kategorie:Keisers (HRR)