duimnael|links|Die noordelike wand van Cho Oyu soos vanaf Tingri gesien Cho Oyu (Nepalees: चोयु; Tibettaans: ཇོ་བོ་དབུ་ཡ, Wylie: jo bo dbu yag, ZYPY: Qowowuyag: Chinees: 卓奧友山; pinyin: Zhuó'àoyǒu Shān) is 'n berg in die Himalaja wat op die grens tussen Nepal en Tibet (Volksrepubliek China) geleë is. Met 'n hoogte van 8 188 meter is dit die sesde hoogste berg van Asië en die wêreld ná Berg Everest, K2, Kangchenjunga, Lhotse en Makalu. Cho Oyu is net 20 km wes van Berg Everest en Lhotse geleë.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Berge van Nepal Kategorie:Berge van die Volksrepubliek China Kategorie:Himalaja Kategorie:Tibet