duimnael|links|Dhaulagiri soos vanaf die noordooste gesien, met oostelike wand, noordoostelike kam en noordelike wand Dhaulagiri (Nepalees: धौलागिरी dhaulāgirī) is 'n berg in die Himalaja wat net suid van die grens tussen Nepal en Tibet (Volksrepubliek China) geleë is. Met 'n hoogte van 8 167 meter is dit die sewende hoogste berg van Asië en die wêreld ná Berg Everest, K2, Kangchenjunga, Lhotse, Makalu en Cho Oyu. Dhaulagiri is net 35 km wes van Annapurna geleë. Die naam van die berg is afgelei van die Sanskrit-woorde धवल (dhawala), "skitterende, wit, mooi", en गिरि (giri) "berg".
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Berge van Nepal Kategorie:Himalaja