Andrzej Sebastian Duda (Pools: [ˈandʐɛj ˈduda], ; gebore 16 Mei 1972 in Kraków) is 'n Poolse regsgeleerde, politikus en sedert Augustus 2015 die president van Pole. Op 24 Mei 2015 is hy in die tweede rondte van die Poolse presidentsverkiesing as nuwe staatshoof en opvolger van Bronisław Komorowski verkies. Neue Zürcher Zeitung, 25 Mei 2015: Polnische Präsidentschaftswahlen – Ein Denkzettel dfer Jugend. Besoek op 26 Mei 2015

Op 6 Augustus 2015 is Andrzej Duda as 6de staatspresident van die Derde Poolse Republiek (III Rzeczpospolita) ingesweer. Duda was tussen 2014 en 2015 afgevaardigde in die Europese Parlement en was tussen 2011 en 2014 ook lid van die Poolse parlement, die Sejm. Voor sy verkiesing as afgevaardigde was hy vir Jarosław en Lech Kaczyński werksaam wat indertyd die amp van respektiewelik eerste minister en staatspresident van Pole beklee het.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webtuiste van Andrzej Duda

Kategorie:Presidente van Pole Kategorie:Lede van die Europese Parlement Kategorie:Geboortes in 1972 Kategorie:Lewende mense