NGC 6302, ook bekend as die Kewernewel of Skoenlappernewel, is ’n simmetriese planetêre newel in die sterrebeeld Skerpioen. Dit het een van die ingewikkeldste strukture van enige planetêre newel. Die spektrum van NGC 6302 wys sy sentrale ster is baie warm, met ’n oppervlaktemperatuur van meer as 200 000 kelvin – dit dui daarop dat die ster waarvan dit gevorm het, baie groot moes gewees het.
Eienskappe Die sentrale ster, ’n witdwerg, is maar onlangs met die Hubble-ruimteteleskoop ontdek. Dit het ’n massa van sowat 0,64 sonmassas. Dit word by die ewenaar omring deur ’n besonder digte skyf van gas en stof. Daar word geglo die digte skyf het veroorsaak dat die ster se uitvloei ’n simmetriese struktuur soos ’n uurglas gevorm het.
Benewens NGC 6302 se twee hooflobbe, is daar tekens van ’n sekondêre paar lobbe uit ’n vorige fase van massaverlies. ’n Donker strook lê al langs die middel van die newel, en dit verberg die sentrale ster by alle golflengtes.
Die grootste lob van die newel, aan die noordwestekant, strek tot sowat 3 boogminute weg van die sentrale ster en het moontlik 1 900 jaar gelede gevorm vanweë ’n ontploffing. Die westekant van die lob dui op ’n botsing met gas wat die uitvloei in dié rigting beïnvloed het.Meaburn, J.; López, J. A.; Steffen, W.; Graham, M. F. et al. (2005), "The Hubble-Type Outflows from the High-Excitation, Polypolar Planetary Nebula NGC 6302", The Astronomical Journal 130 (5): 2303–2311, arXiv:astro-ph/0507675, Bibcode:2005AJ....130.2303M, doi:10.1086/496978
Verwysings
Eksterne skakels
Ontdekking van die ster ESA/Hubble-nuusvrystelling
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Planetêre newels Kategorie:Skerpioen (sterrebeeld)