Ian Russell McEwan (gebore 21 Junie 1948) is 'n Britse skrywer van romans en rolprentdraaiboeke. Hy het die Booker-prys in 1998 gewen vir sy roman Amsterdam. Sy roman Atonement (2001) is verwerk in 'n rolprent met Keira Knightley en James McAvoy in die hoofrolle.

McEwan was 'n lewenslange vriend van die polemiese skrywer Christopher Hitchens.

McEwan, Ian Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Lewende mense