Philip Michael Ondaatje (gebore 12 September 1943) is 'n Kanadese skrywer van romans en gedigte. Hy is in Ceylon (hedendaags Sri Lanka) gebore, het gedurende sy tienerjare in Engeland gebly, en het in 1962 homself permanent in Kanada gevestig.
Ondaatje se roman The English Patient het in 1992 die Booker-prys gewen. Dit is deur Anthony Minghella verwerk in 'n Oscar-bekroonde rolprent met Ralph Fiennes, Kristin Scott Thomas en Juliette Binoche in die hoofrolle.
Kategorie:Kanadese skrywers Kategorie:Kanadese digters Kategorie:Geboortes in 1943 Kategorie:Lewende mense